| |||||
| |||||
Hoofstad | Washington-on-the-Brazos (1836) Harrisburg (1836) Galveston (1836) Velasco (1836) Columbia (1836–37) Houston (1837–39) Austin (1839–46) | ||||
Taal/Tale | Engels | ||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1836 | David G. Burnet | ||||
- 1836-1838 | Sam Houston | ||||
- 1838-1841 | Mirabeau B. Lamar | ||||
- 1841-1844 | Sam Houston | ||||
- 1844-1845 | Anson Jones | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- 2 Oktober 1835 | Begin van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog | ||||
- Onafhanklikheid van Meksiko | 2 Maart 1836 | ||||
- Amerikaanse verowering | 29 Desember 1845 | ||||
- Verdrag van Guadalupe Hidalgo | 2 Februarie 1848 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1840 | 1 007 935 km2 389 166 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1840 skatting | 70 000 | ||||
Digtheid | 0,1 /km² 0,2 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Dollar ($) |
Die Republiek van Texas (Engels: Republic of Texas) was 'n onafhanklike Noord-Amerikaanse republiek wat op 2 Maart 1836 gestig is en tot op 19 Desember 1845 bestaan het. Die republiek het toe die Staat Texas, die agt-en-twintigste deelstaat van die Verenigde State geword.
Die Republiek, wat ná die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog van Meksiko onafhanklik geword het, het die gebied van die huidige Amerikaanse deelstaat Texas en dele van Nieu-Meksiko, Oklahoma, Kansas, Colorado en Wyoming, volgens die Verdrag van Velasko met Meksiko, geëis.
Die oostelike grens met die Verenigde State was volgens die Adams-Onís-Verdrag van 1819 tussen die Verenigde State en Spanje gedefinieer. Die suidelike en westelike grens was tydens die hele bestaanstydperk van die Republiek omstrede, waarin Texas die Rio Grande en Meksiko die Nueces River as gemeenskaplike grens beskou het. Hierdie konflik het ná die anneksasie van Texas deur die Verenigde State tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog gelei.
van | tot | President | Visepresident |
---|---|---|---|
16 Maart 1836 | 22 Oktober 1836 | David G. Burnet (voorlopig) |
Lorenzo de Zavala (voorlopig) |
22 Oktober 1836 | 10 Desember 1838 | Sam Houston | Mirabeau B. Lamar |
10 Desember 1838 | 13 Desember 1841 | Mirabeau B. Lamar | David G. Burnet |
13 Desember 1841 | 9 Desember 1844 | Sam Houston | Edward Burleson |
9 Desember 1844 | 29 Desember 1845 | Anson Jones | Kenneth L. Anderson |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Republiek van Texas. |