Reseptor |
---|
’n Reseptor in biochemie en farmakologie is ’n proteïenmolekule wat chemiese seine van ’n ander sel ontvang.[1] Wanneer sulke chemiese seine aan ’n reseptor bind, veroorsaak hulle die een of ander vorm van weefsel-/sellulêre reaksie, byvoorbeeld ’n verandering in die sel se elektriese aktiwiteit.
In hierdie sin is ’n reseptor ’n proteïenmolekule wat interne chemiese seine herken en daarop reageer – ’n asetielcholien-reseptor herken byvoorbeeld sy interne ligand, asetielcholien. Soms word die term in farmakologie ook gebruik om ander proteïene in te sluit wat dwelmteikens is.
Reseptorproteïene kan geklassifiseer word volgens hul ligging. Transmembraanreseptore sluit in ioonkanaalgebonde (ionotropiese) reseptore, G-proteïengebonde (metabotropiese) hormoonreseptore en ensiemgebonde hormoonreseptore.[1] Intrasellulêre reseptore is dié wat in die sel voorkom en sluit in sitoplasmiese en kernreseptore.[1] ’n Molukule wat aan ’n reseptor bind, word ’n ligand genoem; dit kan ’n proteïn, peptied of ander klein molekule wees soos ’n senuoordraer, hormoon, farmaseutiese dwelm, gifstof of dele van die buitekant van ’n virus of mikrobe. Die intern aangewese molekule vir ’n spesifieke reseptor word sy interne ligand genoem.
Elke reseptor is gebonde aan ’n spesifieke sellulêre biochemiese pad. Hoewel verskeie reseptore in die meeste selle voorkom, sal elke reseptor net bind met ligande met ’n sekere struktuur, amper soos wat slegs ’n sleutel met ’n sekere vorm in ’n spesifieke slot sal pas. Wanneer ’n ligand met sy ooreenstemmende reseptor bind, aktiveer of inhibeer dit die reseptor se geassosieerde biochemiese pad.
Reseptore se struktuur is baie uiteenlopend en kan oor die algemeen in die volgende kategorieë ingedeel word:
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)