Riviersonderend | |
---|---|
NG kerk Riviersonderend | |
Koördinate: 34°09′01″S 19°54′52″O / 34.15028°S 19.91444°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Theewaterskloof |
Stigting | 1923 |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,57 km2 (2,15 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 245 |
• Digtheid | 942/km2 (2 440/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 75.4% |
• Swart mense | 12.6% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 86.5% |
• Xhosa | 8.3% |
• Engels | 3.1% |
• Ander | 2.1% |
Poskode (strate) | 7250 |
Skakelkode | 028 |
Riviersonderend is 'n dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is geleë op die N2 nasionale pad.
Die dorpie is in 1925 gestig op die suidelike oewer van die rivier met dieselfde naam om die boeregemeenskap te bedien. Die belangrikste produkte wat verbou word is wol, koring en vrugte.
Die gebied is eens op 'n tyd deur 'n groot getal Hessekwa Khoikhoi bewoon. Toe Vaandrig Isaq Schrijver in 1689 op een van sy ontdekkingstogte gegaan het was die gebied nog bekend as Tygerhoek. Hierdie naam is behou toe die plek vroeg in die 18de eeu een van die Nederlandse-Oos-Indiese Kompanjie se vee- en houtposte geword het.
Riviersonderend se munisipale raad het in 1970 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In rooi, 'n golwende regterskuinsbalk van silwer in die skildhoof vergesel van 'n aansiende merino-ramkop en in die skildvoet van 'n koringaar skuinsregs geplaas, albei van goud. Die helmteken was 'n ui tussen twee rooi/silwer/rooi vlerke; die skildhouers was twee steenbokke; en die wapenspreuk was "Deur water lewe".[2]