Robert Allen Dyer | |
Geboortenaam | Robert Allen Dyer |
---|---|
Gebore | 21 September 1900 Pietermaritzburg |
Oorlede | 26 Oktober 1987 (op 87) Johannesburg |
Burgerskap | Suid-Afrikaans |
Vakgebied | Botanie |
Instelling(s) | Herbarium |
Robert Allen Dyer (21 September 1900 - 26 Oktober 1987) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy gaan skool by Michaelhouse en studeer aan die Natal Universiteit Kollege van 1910-1923 en behaal M.Sc. en D.Sc.-grade teen 1937. In 1925 word hy aangestel as prof. Selmar Schönland se assistent in Grahamstad en ook as kurator van die Albanie-museum. Van 1931 tot 1934 werk in die Royal Botanic Gardens, Kew en word daarna na die Nasionale Herbarium in Pretoria verplaas as Hoof.
Die standaard outeursafkorting R.A.Dyer word gebruik om Robert Allen Dyer as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.