Robert Anker | |
---|---|
Gebore | 27 April 1946 Oostwoud |
Sterf | 20 Januarie 2017 |
Beroep | skrywer, digter |
Rengert Robert Anker (27 April 1946, Oostwoud – 20 Januarie 2017, Amsterdam) was 'n Nederlandse skrywer, digter en literêre kritikus.
Anker debuteer in 1979 as digter met Waar ik nog ben. Voor 1979 verskyn sy gedigte in verskillende tydskrifte soos De Revisor. Die debuut is 'n tradisionele digbundel wat geïnspireer is deur Anker se jeug in die Wes-friese Oostwoud. As die bundel steeds na binne gerig is, verskuif die klem egter spoedig na die buitewêreld, soos in Van het balkon (1983), en op maatskaplike probleme, soos in De broekbewapperde mens (2002). Die perspektief verskuif dan van die natuur na die stedelike lewe.
Gedurende die tydperk van sy studie in Amsterdam waar Anker gewoon en gewerk het, het hy toneelstukke en gedigte en later ook romans, verhale, essays oor die letterkunde, kuns, en letterkunde vir die jeug geskryf. Sy werk is bekroon met die Libris Literatuur-prys, die F. Bordewijk-prys (beide prosa) en die Jan Campert- en Herman Gorter-prys (beide poësie). Anker was die redakteur van die tydskrif Tirade en het Nederlands gedoseer. Later was hy literêre kritikus by Het Parool en voltydse skrywer.
Anker is op 20 Januarie 2017 op 70-jarige leeftyd oorlede. Op sy sterfdag het sy laaste boek, die roman In de wereld, verskyn.[1][2]