Robert Duvall | |
Duvall in 2003.
| |
Geboortenaam | Robert Selden Duvall |
---|---|
Geboorte | 5 Januarie 1931 |
Aktiewe jare | 1952-tans |
Robert Selden Duvall[1] (gebore op 5 Januarie 1931)[2] is ’n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is vir sewe Oscars benoem (waarvan hy die een vir sy spel in Tender Mercies gewen het), sewe Golden Globes (waarvan hy vier gewen het) en verskeie Baftas, Screen Actors Guild Awards en Emmys (waarvan hy een elk gewen het). Hy het ook in 2005 die Amerikaanse Medalje vir die Kunste ontvang.
Duvall het in van die hoogs aangeskrewe en gewildste rolprente en televisiereekse van alle tye gespeel, insluitende To Kill a Mockingbird (1962), The Twilight Zone (1963), The Outer Limits (1964), Bullitt (1968), True Grit (1969), MASH (1970), THX 1138 (1971), Joe Kidd (1972), The Godfather (1972), The Godfather Part II (1974), The Conversation (1974), Network (1976), Apocalypse Now (1979), The Handmaid's Tale (1990) en Falling Down (1993).
Hy het in die laat 1950's op die verhoog begin verskyn en in die vroeë 1960's oorgeslaan na televisie en rolprente; hy was Boo Radley in To Kill a Mockingbird (1962) en in Captain Newman, M.D. (1963). Hy het van sy bekendste rolle in die 1970's gekry: majoor Frank Burns in die trefferkomedie MASH (1970), die hoofrol in THX 1138 (1971) en Jackson Fentry in Tomorrow (1972).[1] Dit is opgevolg deur ’n reeks rolle in hoog aangeskrewe en kommersieel suksesvolle prente.
Van die 1980's af het Duvall beide TV- en rolprentrolle vertolk, soos in Tender Mercies (1983), The Natural (1984), Colors (1988), Lonesome Dove (1989), Stalin (1992), The Man Who Captured Eichmann (1996), A Family Thing (1996), The Apostle (1997), A Civil Action (1998), Gods and Generals (2003), Secondhand Lions (2003), Broken Trail (2006), Get Low (2010) en The Judge (2014).