Robert Fulton | |
---|---|
Gebore | Robert Fulton Jr. 14 November 1765 |
Sterf | 24 Februarie 1815 (op 49) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ingenieur en uitvinder |
Bekend vir | die ontwikkeling van die eerste kommersieel suksesvolle stoomboot |
Handtekening | |
Robert Fulton (Pennsilvanië, 14 November 1765 - New York, 24 Februarie 1815) was 'n Amerikaanse skilder, ingenieur en uitvinder wat lank in Parys gewoon en gewerk het.
Fulton is in Lancaster County in Pennsylvania in die Verenigde State van Amerika gebore. Hier het hy vir die maatskappy van Joseph Simon & William Henry gewerk, wat James Watt se stoomenjin verder ontwikkel het.
Hy ontwerp die eerste stoomboot, wat vir die eerste keer in 1803 op die Seine-rivier in Frankryk vaar. Fulton wou die ontwerp aan Napoleon Bonaparte verkoop, maar hy kon nie die waarde daarvan insien nie.
Met sy teruggekeer na Amerika bou Fulton nog 'n stoomboot, waarmee hy in 1807 op die Hudsonrivier vaar.