Rodrigues

Rodrigues
Kaart van Rodrigues
Kaart van Rodrigues
Geografie

Ligging 560 km oos van Mauritius, Indiese Oseaan
Koördinate 19°43′S 63°25′O / 19.717°S 63.417°O / -19.717; 63.417
Argipel Maskareense eilande
Totale eilande 1
Hoofeilande Rodrigues
Oppervlakte 109 vk km
Hoogste punt Mont Limon 398 m
Administrasie
Vlag van Mauritius Mauritius

Hoofstad Port Mathurin
Grootste stad Port Mathurin (5 929)

Demografie
Bevolking 41 669

Vlag van Rodrigues

Rodrigues (of Rodriguez) is een van die Maskareense eilande, wat Mauritius en Réunion insluit. Die eiland was vroeër die tiende Distrik van Mauritius; maar het op 10 Desember 2002 outonome status verkry, en word deur die Rodrigues-streekvergadering beheer.

Die eiland lê ongeveer 560 km (350 myl) oos van Mauritius, in die middel van die Indiese Oseaan. Dit het 'n oppervlak van 108 km². Rodrigues is van vulkaniese oorsprong en word deur 'n koraalrif omring, en 'n paar klein onbewoonde eilande lê net langs sy kus. Die hoofstad van die eiland is Port Mathurin.

In 2014 woon daar 41 669 mense op Rodrigues, volgens Statistieke Mauritius.[1] Sy inwoners is Mauritiaanse burgers en hul spreektaal is hoofsaaklik 'n plaaslike dialek van Morisyen, 'n Mauritiaanse kreools. Die meeste van die inwoners is van Afrika-afkoms. Die ekonomie is hoofsaaklik gebaseer op visvang, landbou, handwerk en 'n ontwikkelende toerismesektor.

Etimologie en geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Rodrigues is vernoem na die Portugese seevaarder Diogo Rodrigues, wat eerste op die onbewoonde eiland afgekom het in 1528.

Rodrigues is in 1528 deur die Portugese seevaarder Diogo Rodrigues herontdek. Voor dit het baie kaarte dit as Diego Roiz aangedui. Dit is bekend dat Arabiere die Maskareense eilande reeds in die tiende eeu besoek het.

Die eiland is weer in Februarie 1507 opgespoor. As 'n deel van die vloot van Afonso de Albuquerque en Tristão da Cunha, het Diogo Fernandes Pereira se Cirne Réunion op 9 Februarie 1507 opgemerk nadat 'n sikloon hul van koers gedwing het. Die aanvanklike naam was Diogo Fernandes; Domingo Froiz is 'n paar jaar later as 'n naam gegee, en teen 1528 is dit weer herdoop na die Portugese seevaarder Dom Diogo Rodrigues en het sedertdien so gebly.

Weens die feit dat die eiland destyds ver van seevaartroetes af gelê het, het dit min besoeke ontvang. Vanaf 1601 het die Nederlanders die eiland meer gereeld begin besoek vir vars kosvoorraad. In 1691 het die Hugenote François Leguat en sewe metgeselle op die eiland geland, met die bedoeling om 'n boerderykolonie van Protestantse vlugtelinge te stig. Boerdery was nie suksesvol nie, maar daar was 'n oorvloed van skilpaaie, voëls, vis en ander seekos.

Gedurende die 18de eeu is verskeie pogings deur die Franse aangewend om die eiland te ontwikkel. Afrika-slawe (voorouers van die huidige bevolking) is na Rodrigues gebring om veeteelt en boerdery te ontwikkel. In 1735 is 'n permanente Franse nedersetting gestig, ondergeskik aan Île Bourbon (Réunion).[2]

In 1809, na 'n kort skermutseling met die Franse, het Britse troepe Rodrigues in besit geneem.[3] Na die Britse besetting is slawerny uiteindelik in 1834 afgeskaf. Teen 1843 het die bevolking tot 'n laagtepunt van 250 gedaal.

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Ministry of Finance & Economic Development (1 Julie 2014). "Population and Vital Statistics Jan-June 2014" (PDF). Government of Mauritius: n/a. Besoek op 1 Julie 2014. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. "Mauritius". www.worldstatesmen.org. Besoek op 8 Desember 2018.
  3. Joslin, Litherland and Simpkin. British Battles and Medals. p. 30. Published Spink, London. 1988.ISBN 0907605257