Sir Roger Gilbert Bannister, CBE (23 Maart 1929 – 3 Maart 2018), was 'n voormalige Britse atleet en neuroloog. Hy was die eerste persoon wat 'n droommyl gehardloop het.[1]
Baie mense het gedink dit was onmoontlik om 'n myl in minder as vier minute te hardloop, en dat dit 'n natuurlike beperking van die menslike liggaam was, totdat Bannister dit op 6 Mei 1954 in Oxford vermag het.[2] Ten tyde van die wedloop was hy 1,87 m lank en het hy 70 kg geweeg.
Bannister is op 23 Maart 1929 in Harrow, Middlesex, in Engeland gebore. Hy het sy land tydens die Olimpiese Somerspele van 1952 verteenwoordig en was die eerste persoon om Sports Illustrated se "Sportman van die Jaar"-toekenning in Januarie 1955 te ontvang.
Hy was 'n neuroloog en akademikus aan die Pembroke College in Oxford. Hy tree in 2001 af en is in 2011 met Parkinson se siekte gediagnoseer.[3]
Afdeling | Prestasie | Datum | Plek |
---|---|---|---|
1500 m | 3.46,30 | 26 Julie 1952 | Helsinki |
1 Eng. myl | 3.58,8 | 1954 |