Rooiduiker | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. natalensis
|
Binomiale naam | |
Cephalophus natalensis A. Smith, 1834
|
Die rooiduiker (Cephalophus natalensis) is 'n klein wildsbokkie wat in bosryke streke in die ooste van Sentraal- tot Suider-Afrika aangetref word.
Soos die naam aandui, is rooiduikers rooibruin van kleur met 'n ligter onderlyf. Volwasse rooiduikers het 'n gemiddelde massa van 12 kg en 'n hoogte van 45 cm. Hulle het ook klein horinkies: die langste horinkies wat al aangeteken is, was 11 cm. Meer algemeen is horings tussen 7 en 10 cm.
Rooiduikers is omnivore en eet blare, bessies en ander vrugte asook termiete, miere en slakke.
Paring vind dwarsdeur die jaar plaas. Die ooi is vir 7 maande dragtig, waarna sy die lewe aan 'n enkele lammetjie skenk. Rooiduikers het 'n moontlike lewensduur van 9 jaar.