Rooimyt | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. urticae
|
Binomiale naam | |
Tetranychus urticae C.L. Koch, 1836
|
Die rooimyt of Tetranychus urticae is ’n spesie myte wat op plante voorkom en as ’n plaag beskou word. Hulle val in die familie Tetranychidae, wat sowat 1 200 spesies insluit[1] en honderde soorte plante eet. Hulle bly gewoonlik aan die onderkant van die blare, waar hulle soms ’n beskermende syweb spin, en rig skade aan plante aan deur die plantselle te prik.[2]
Rooimyte was aanvanklik inheems in Eurasië, maar kom nou wêreldwyd voor.[3] Hulle is baie klein en skaars sigbaar as rooierige of groenerige kolletjies op blare en stamme; die volwasse wyfie is sowat 0,4 mm lank.[4]
Plante waarop hulle voorkom, sluit in die meeste groente- en kossoorte, insluitende soetrissies, tamaties, aartappels, boontjies, mielies en aarbeie, asook sierplante soos rose.[4] Die myte lê eiers op die blare en dit hou ’n bedreiging vir die plant in omdat die myte sel vir sel die selinhoud van die blare uitsuig en so klein dowwe kolletjies los waar die opperhuidselle vernietig is.[4] As daar duisende myte op ’n plant is, kan dit die plant se fotosintetiese vermoëns belemmer.[4]
Rooimyte plant voort deur ’n proses waar onbevrugte eiers in mannetjies ontwikkel.[5] Die eiers van die rooimyt is deurskynend en pêrelagtig.[3] Dit broei uit as ’n larwe en dan volg twee nimfstadiums: ’n protonimf en dan ’n deutonimf, wat russtadiums kan deurmaak.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)