Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Roopa Farooki | |
---|---|
Gebore | 1974 |
Nasionaliteit | Brits |
Alma mater | New College, Oxford |
Beroep | Skrywer |
Ouer(s) | Nasim Ahmed Farooki[1] Nilofar Farooki[1] |
Noemenswaardige werke |
|
Webwerf | roopafarooki |
Roopa Farooki is 'n Britse romanskrywer. Sy is in 1974 in Lahore, Pakistan[2] gebore as die dogter van 'n Pakistanse vader en 'n moeder van Bangladesj. Toe sy sewe maande oud was het hulle het na Londen verhuis. Roopa het PPE (Filosofie, Politiek en Ekonomie) aan die New College van die Universiteit van Oxford studeer. Sy het in korporatiewe finansies (by Arthur Andersen) en daarna as direkteur vir reklamerekeninge (by Saatchi & Saatchi and JWT) gewerk, voordat sy haar voltyds op die skryf van fiksie begin toespits het.
Sy het haar eerste roman getiteld Bitter Sweets geskryf terwyl sy swanger was met haar eerste kind en besig was met die restourasie van 'n huis in die Suidweste van Frankryk. Bitter Sweets is in 2007 vir die eerste keer in die Verenigde Koninkryk gepubliseer, en is daardie jaar op die kortlys vir die Orange Award for New Writers geplaas. In 2008 publiseer sy haar tweede roman getiteld Corner Shop. Haar derde roman getiteld The Way Things Look To Me, is in 2009 gepubliseer en is aangewys as een van The Times se Top 50 sagtebandboeke van 2009. Dit was ook op die lys geplaas vir die Orange Award vir 2010, en is oorweeg vir die Impac Dublin Literêre Toekenning vir 2011. Haar vierde roman, Half Life, is in 2010 gepubliseer en is deur Entertainment Weekly (VSA) gekies as nommer 2 op hul lys van "Agtien boeke wat ons nie kan wag om hierdie somer te lees nie"; dit is ook genomineer vir die Internasionale Moslem Skrywers-toekennings vir 2011. Haar vyfde roman, The Flying Man, is in Januarie 2012 in die Verenigde Koninkryk gepubliseer en is oorweeg vir die 2012 Orange Award.
Farooki se romans is internasionaal in Engels gepubliseer (in die VSA en Kanada, die Verenigde Koninkryk, Australië, Indië, Singapoer) en in 'n dosyn ander tale in Europa.
Roopa Farooki is die dogter van wyle Nasir Ahmad Farooki, 'n Pakistanse romanskrywer en 'n prominente figuur in Pakistanse literêre kringe in die 1960's. Roopa se pa het haar op die ouderdom van 13 verlaat, en later met 'n Amerikaner van Chinese oorsprong getrou. Haar ma, Nilofar, het later 'n langtermynverhouding met 'n Engels-Irakse man van Joodse afkoms gehad. Ondanks die feit dat sy van Pakistan sowel as Bangladesj afkomstig is, praat sy slegs Engels omdat haar ouers graag in die Londense leefstyl wou assimileer en net in Engels met haar gepraat het toe sy jonk was. [3]
Farooki noem haar vader as 'n inspirasie, en het op openhartige wyse oor haar verhouding met haar vader en sy invloed op haar werk in die Britse nasionale pers geskryf. Sy het ook geskryf oor haar ervarings van ekseem en oor verhoudingsberading en vrugbaarheidsbehandeling. Haar onlangse romans bevat karakters met Asperger-sindroom en Bipolêre versteuringsindroom.
Sy woon tans in die suidweste van Frankryk en Suidoos-Engeland saam met haar Anglo-Ierse man, twee seuns en tweelingdogters, [2] en gee onderrig in kreatiewe skryfwerk. Sy was 'n dosent in prosa-fiksie aan die Canterbury Christchurch Universiteit en 'n voorgraadse dosent aan die Universiteit van Kent in Engeland. Sy doseer tans aan die Universiteit van Oxford. Sy is ook die ambassadeur vir die Britse verhoudingsberading-liefdadigheidsorganisasie Relate.[4]
In 2019 het sy 'n nagraadse kwalifikasie in Geneeskunde voltooi en as junior dokter in Londen en Kent begin werk.
Farooki se romans is met kritiese lof begroet. Sy is vergelyk met ander Britse vroulike romanskrywers soos Andrea Levy, Zadie Smith en Monica Ali. Tydens 'n onderhoud met Metro in 2010 met die opskrif "Nasionaliteit is nie die kwessie nie", het sy gesê dat sy gevlei is deur die vergelykings, maar dat die verskil is dat sy 'n doelbewuste besluit geneem het om nie te konsentreer op kulturele botsings in haar romans nie, en om oor universele temas te skryf.