Rugbywêreldbeker 1991 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Engeland (nominaal) Frankryk Ierland Skotland Wallis |
Datums | 3 Oktober – 2 November |
Aantal nasies | 16 (33 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Australië |
Naaswenner | Engeland |
Derde plek | Nieu-Seeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 32 |
Bywoning | 1 007 760 (gem. 31 493 per wedstryd) |
Drieë | 148 (gemiddeld 4.63 per wedstryd) |
Meeste punte | Ralph Keyes (68)[1] |
Meeste drieë | Jean-Baptiste Lafond David Campese (6 drieë elk)[2] |
← 1987
|
1995 →
|
Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.
Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.
Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm.[3] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Die Wes-Samoaanse span het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe sou dit die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi wees, omdat hulle sedertdien nie meer vir ’n toernooi kon kwalifiseer nie.
Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied.
Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Engeland | Nominale gasheer | Tweede | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 1 |
Australië | Regstreeks | 1987 | Vierde plek (1987) | 3 | |
Fidji | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 4 | ||
Frankryk | 1987 | Naaswenner (1987) | 4 | ||
Ierland | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 2 | ||
Nieu-Seeland | 1987 | Kampioen (1987) | 1 | ||
Skotland | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 2 | ||
Wallis | 1987 | Derde plek (1987) | 3 | ||
Argentinië | Kwalifiseringsrondte | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 3 |
Italië | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 1 | |
Japan | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 2 | |
Kanada | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 4 | |
Roemenië | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 4 | |
Samoa | Eerste | – | Debuut | 3 | |
Verenigde State | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 1 | |
Zimbabwe | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 2 |
Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hul wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.
Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groep 1 | Groep 2 | Groep 3 | Groep 4 |
---|---|---|---|
Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:
Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.
’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 95 | 39 | +56 | 13 | 9 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 85 | 33 | +52 | 9 | 7 |
Italië | 3 | 1 | 0 | 2 | 57 | 76 | –19 | 7 | 5 |
Verenigde State | 3 | 0 | 0 | 3 | 24 | 113 | –89 | 2 | 3 |
3 Oktober 1991 | Engeland | 12–18 | Nieu-Seeland | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Strafdoele: Jonathan Webb (3) Skepdoel: Rob Andrew |
Verslag | Drie: Michael Jones Doelskop: Grant Fox Strafdoele: Grant Fox (4) |
Bywoning: 70 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
5 Oktober 1991 | Italië | 30–9 | Verenigde State | Cross Green, Otley, Engeland | |
13:00 (BST) | Drieë: Stefano Barba, Ivan Francescato, Paolo Vaccari, Fabio Gaetaniello Doelskoppe: Diego Domínguez (4) Strafdoele: Diego Domínguez (2) |
Verslag | Drie: Kevin Swords Doelskop: Mark Williams Strafdoel: Mark Williams |
Bywoning: 7 500 Skeidsregter: Owen Doyle (Irl) | |
8 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 46–6 | Verenigde State | Kingsholm, Gloucester, Engeland | |
13:00 (BST) | Drieë: Terry Wright (3), Andy Earl, Graham Purvis, John Timu, Va’aiga Tuigamala, Craig Innes Doelskoppe: Jon Preston (4) Strafdoele: Jon Preston (2) |
Verslag | Strafdoele: Mark Williams (2) | Bywoning: 12 000 Skeidsregter: Efraim Sklar (Arg) | |
|
8 Oktober 1991 | Engeland | 36–6 | Italië | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: Jeremy Guscott (2), Rory Underwood, Jonathan Webb Doelskoppe: Jonathan Webb (4) Strafdoele: Jonathan Webb (4) |
Verslag | Drie: Marcello Cuttitta Doelskop: Diego Domínguez |
Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Brian Anderson (Sko) | |
11 Oktober 1991 | Engeland | 37–9 | Verenigde State | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: Rory Underwood (2), Will Carling, Mickey Skinner, Nigel Heslop Doelskoppe: Simon Hodgkinson (4) Strafdoele: Simon Hodgkinson (3) |
Verslag | Drie: Ray Nelson Doelskop: Mark Williams Strafdoel: Mark Williams |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Les Peard (Wal) | |
|
13 Oktober 1991 | Italië | 21–31 | Nieu-Seeland | Welford Road, Leicester, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: Marcello Cuttitta, Massimo Bonomi Doelskoppe: Diego Domínguez (2) Strafdoele: Diego Domínguez (3) |
Verslag | Drieë: Zinzan Brooke, Craig Innes, Va’aiga Tuigamala, Jason Hewett Doelskoppe: Grant Fox (3) Strafdoele: Grant Fox (3) |
Bywoning: 15 711 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Skotland | 3 | 3 | 0 | 0 | 122 | 36 | +86 | 17 | 9 |
Ierland | 3 | 2 | 0 | 1 | 102 | 51 | +51 | 16 | 7 |
Japan | 3 | 1 | 0 | 2 | 77 | 87 | –10 | 13 | 5 |
Zimbabwe | 3 | 0 | 0 | 3 | 31 | 158 | –127 | 6 | 3 |
5 Oktober 1991 | Skotland | 47–9 | Japan | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
15:00 (BST) | Drieë: Scott Hastings, Tony Stanger, Craig Chalmers, Derek White, Strafdrie, Iwan Tukalo, Gavin Hastings Doelskoppe: Gavin Hastings (5) Strafdoele: Gavin Hastings (2), Craig Chalmers |
Verslag | Drie: Takahiro Hosokawa Doelskop: Takahiro Hosokawa Strafdoel: Takahiro Hosokawa |
Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
6 Oktober 1991 | Ierland | 55–11 | Zimbabwe | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
15:00 (IST) | Drieë: Brian Robinson (4), Nick Popplewell (2), Simon Geoghegan, David Curtis Doelskoppe: Ralph Keyes (4) Strafdoele: Ralph Keyes (5) |
Verslag | Drieë: Brendon Dawson, William Schultz Strafdoel: Andrew Ferreira |
Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Keith Lawrence (NZL) | |
|
9 Oktober 1991 | Ierland | 32–16 | Japan | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
15:00 (IST) | Drieë: Noel Mannion (2), Pat O’Hara, Jim Staples Doelskoppe: Ralph Keyes (2) Strafdoele: Ralph Keyes (4) |
Verslag | Drieë: Toshiyuki Hayashi, Hiroyuki Kajihara, Yoshihito Yoshida Doelskoppe: Takahiro Hosokawa (2) |
Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Laikini Colati (Fij) | |
|
9 Oktober 1991 | Skotland | 51–12 | Zimbabwe | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
15:00 (BST) | Drieë: Iwan Tukalo (3), Derek Turnbull, Scott Hastings, Tony Stanger, Doddie Weir, Derek White Doelskoppe: Peter Dods (5) Strafdoele: Peter Dods (2) Skepdoel: Doug Wyllie |
Verslag | Drieë: Adrian Garvey (2) Doelskoppe: Brian Currin (2) |
Bywoning: 35 000 Skeidsregter: Don Reordan (VSA) | |
|
12 Oktober 1991 | Skotland | 24–15 | Ierland | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
13:30 (BST) | Drieë: Graham Shiel, Gary Armstrong Doelskoppe: Gavin Hastings (2) Strafdoele: Gavin Hastings (3) Skepdoel: Craig Chalmers |
Verslag | Strafdoele: Ralph Keyes (4) Skepdoel: Ralph Keyes |
Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Fred Howard (Eng) | |
|
14 Oktober 1991 | Japan | 52–8 | Zimbabwe | Ravenhill, Belfast, Ierland | |
15:00 (BST) | Drieë: Yoshihito Yoshida (2), Terunori Masuho (2), Eiji Kutsuki (2), Masami Horikoshi, Ekeroma Luaiufi, Katsuhiro Matsuo Doelskoppe: Takahiro Hosokawa (5) Strafdoele: Takahiro Hosokawa (2) |
Verslag | Drieë: Richard Tsimba, Honeywell Nguruve | Bywoning: 9 000 Skeidsregter: René Hourquet (Fra) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 79 | 25 | +54 | 11 | 9 |
Samoa | 3 | 2 | 0 | 1 | 54 | 34 | +20 | 8 | 7 |
Wallis | 3 | 1 | 0 | 2 | 32 | 61 | –29 | 3 | 5 |
Argentinië | 3 | 0 | 0 | 3 | 38 | 83 | –45 | 4 | 3 |
4 Oktober 1991 | Argentinië | 19–32 | Australië | Stradeypark, Llanelli, Wallis | |
15:00 (BST) | Drieë: Martín Terán (2) Doelskop: Guillermo del Castillo Strafdoel: Guillermo del Castillo Skepdoele: Lisandro Arbizu (2) |
Verslag | Drieë: David Campese (2), Tim Horan (2), Phil Kearns Doelskoppe: Michael Lynagh (3) Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Bywoning: 11 000 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
|
6 Oktober 1991 | Wallis | 13–16 | Samoa | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
13:00 (BST) | Drieë: Arthur Jones, Ieuan Evans Doelskop: Mark Ring Strafdoel: Mark Ring |
Verslag | Drieë: To’o Vaega, Sila Vaifale Doelskop: Matthew Vaea Strafdoele: Matthew Vaea (2) |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Patrick Robin (Fra) | |
|
9 Oktober 1991 | Australië | 9–3 | Samoa | Pontypoolpark, Pontypool, Wallis | |
13:00 (BST) | Strafdoele: Michael Lynagh (3) | Verslag | Strafdoel: Matthew Vaea | Bywoning: 15 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
9 Oktober 1991 | Wallis | 16–7 | Argentinië | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
20:00 (BST) | Drie: Paul Arnold Strafdoele: Mark Ring (3), Mike Rayer |
Verslag | Drie: Hernan Simon Strafdoel: Guillermo del Castillo |
Bywoning: 35 000 Skeidsregter: René Hourquet (Fra) | |
|
12 Oktober 1991 | Wallis | 3–38 | Australië | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
15:15 (BST) | Strafdoel: Mark Ring | Verslag | Drieë: Marty Roebuck (2), Peter Slattery, David Campese, Tim Horan, Michael Lynagh Doelskoppe: Michael Lynagh (4) Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Bywoning: 54 000 Skeidsregter: Keith Lawrence (NZL) | |
13 Oktober 1991 | Argentinië | 12–35 | Samoa | Sardis Road, Pontypridd, Wallis | |
13:00 (BST) | Drie: Martín Terán Doelskop: Lisandro Arbizu Strafdoele: Eduardo Laborde, Lisandro Arbizu Kaart: Pedro Sporleder 65' |
Verslag | Drieë: Timo Tagaloa (2), Brian Lima (2), Frank Bunce, Stephen Bachop Doelskoppe: Matthew Vaea (4) Strafdoel: Matthew Vaea Kaart: Mat Keenan 65' |
Bywoning: 8 500 Skeidsregter: Brian Anderson (Sko) Vervang deur Jim Fleming (Sko) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 82 | 25 | +57 | 12 | 9 |
Kanada | 3 | 2 | 0 | 1 | 45 | 33 | +12 | 4 | 7 |
Roemenië | 3 | 1 | 0 | 2 | 31 | 64 | –33 | 5 | 5 |
Fidji | 3 | 0 | 0 | 3 | 27 | 63 | 36 | 1 | 3 |
4 Oktober 1991 | Frankryk | 30–3 | Roemenië | Stade de la Méditerranée, Béziers, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: Olivier Roumat, Jean-Baptiste Lafond, Strafdrie, Philippe Saint-André Doelskop: Didier Camberabero Strafdoele: Didier Camberabero (4) |
Verslag | Strafdoel: Neculai Nichitean | Bywoning: 22 000 Skeidsregter: Les Peard (Wal) | |
5 Oktober 1991 | Kanada | 13–3 | Fidji | Stade Jean Dauger, Bayonne, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drie: Scott Stewart Strafdoele: Gareth Rees (3) |
Verslag | Skepdoel: Waisale Serevi | Bywoning: 5 000 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
8 Oktober 1991 | Frankryk | 33–9 | Fidji | Stade Lesdiguières, Grenoble, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: Jean-Baptiste Lafond (3), Philippe Sella (2), Didier Camberabero Doelskoppe: Didier Camberabero (3) Strafdoel: Didier Camberabero |
Verslag | Drie: Pita Naruma Doelskop: Severo Koroduadua Strafdoel: Severo Koroduadua |
Bywoning: 18 548 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
9 Oktober 1991 | Kanada | 19–11 | Roemenië | Stade Ernest-Wallon, Toulouse, Frankryk | |
17:00 (MEST) | Drieë: Gordon MacKinnon, Glen Ennis Doelskop: Mark Wyatt Strafdoele: Mark Wyatt (2) Skepdoel: Gareth Rees |
Verslag | Drieë: Adrian Lungu, Catalin Sasu Strafdoel: Neculai Nichitean |
Bywoning: 10 000 Skeidsregter: Sandy MacNeill (Aus) | |
|
12 Oktober 1991 | Fidji | 15–17 | Roemenië | Parc Municipal des Sports, Brive-la-Gaillarde, Frankryk | |
19:00 (MEST) | Strafdoele: Opeti Turuva (2) Skepdoele: Tomasi Rabaka (2), Opeti Turuva |
Verslag | Drieë: Gheorghe Ion, Haralambie Dumitras, Catalin Sasu Doelskop: Nicolae Racean Strafdoel: Nicolae Racean |
Bywoning: 8 500 Skeidsregter: Owen Doyle (Irl) | |
|
13 Oktober 1991 | Frankryk | 19–13 | Kanada | Stade Armandie, Agen, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: Jean-Baptiste Lafond, Philippe Saint-André Doelskop: Didier Camberabero Strafdoele: Thierry Lacroix (2), Didier Camberabero |
Verslag | Drie: Mark Wyatt Strafdoele: Mark Wyatt, Gareth Rees Skepdoel: Gareth Rees |
Bywoning: 14 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
19 Oktober – Edinburg | ||||||||||
Skotland | 28 | |||||||||
26 Oktober – Edinburg | ||||||||||
Samoa | 6 | |||||||||
Skotland | 6 | |||||||||
19 Oktober – Parys | ||||||||||
Engeland | 9 | |||||||||
Frankryk | 10 | |||||||||
2 November – Londen | ||||||||||
Engeland | 19 | |||||||||
Engeland | 6 | |||||||||
20 Oktober – Villeneuve-d'Ascq | ||||||||||
Australië | 12 | |||||||||
Nieu-Seeland | 29 | |||||||||
27 Oktober – Dublin | ||||||||||
Kanada | 13 | |||||||||
Nieu-Seeland | 6 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
20 Oktober – Dublin | ||||||||||
Australië | 16 | 30 Oktober – Cardiff | ||||||||
Australië | 19 | |||||||||
Skotland | 6 | |||||||||
Ierland | 18 | |||||||||
Nieu-Seeland | 13 | |||||||||
19 Oktober 1991 | Frankryk | 10–19 | Engeland | Parc des Princes, Parys, Frankryk | |
15:00 (MEST) | Drie: Jean-Baptiste Lafond Strafdoele: Thierry Lacroix (2) |
Verslag | Drieë: Rory Underwood, Will Carling Doelskop: Jonathan Webb Strafdoele: Jonathan Webb (3) |
Bywoning: 46 749 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
19 Oktober 1991 | Skotland | 28–6 | Samoa | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
13:00 (BST) | Drieë: John Jeffrey (2), Tony Stanger Doelskoppe: Gavin Hastings (2) Strafdoele: Gavin Hastings (4) |
Verslag | Strafdoel: Matthew Vaea Skepdoel: Stephen Bachop |
Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
20 Oktober 1991 | Ierland | 18–19 | Australië | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
13:00 (IST) | Drie: Gordon Hamilton Doelskop: Ralph Keyes Strafdoele: Ralph Keyes (3) Skepdoel: Ralph Keyes |
Verslag | Drieë: David Campese (2), Michael Lynagh Doelskoppe: Michael Lynagh (2) Strafdoel: Michael Lynagh |
Bywoning: 54 500 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
20 Oktober 1991 | Kanada | 13–29 | Nieu-Seeland | Stadium Lille Métropole, Villeneuve-d'Ascq, Frankryk | |
15:00 (MEST) | Drieë: Chris Tynan, Al Charron Doelskop: Gareth Rees Strafdoel: Mark Wyatt |
Verslag | Drieë: John Timu (2), Bernie McCahill, Zinzan Brooke, John Kirwan Doelskoppe: Grant Fox (3) Strafdoel: Grant Fox |
Bywoning: 30 360 Skeidsregter: Fred Howard (Eng) | |
26 Oktober 1991 | Skotland | 6–9 | Engeland | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
14:30 (BST) | Strafdoele: Gavin Hastings (2) | Verslag | Strafdoele: Jonathan Webb (2) Skepdoel: Rob Andrew |
Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
27 Oktober 1991 | Australië | 16–6 | Nieu-Seeland | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
14:30 (WET) | Drieë: David Campese, Tim Horan Doelskop: Michael Lynagh Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Verslag | Strafdoele: Grant Fox (2) | Bywoning: 54 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
30 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 13–6 | Skotland | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
14:30 (GMT) | Drie: Walter Little Strafdoele: Jon Preston (3) |
Verslag | Strafdoele: Gavin Hastings (2) | Bywoning: 37 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
2 November 1991 | Australië | 12–6 | Engeland | Twickenham, Londen, Engeland | |
14:30 (GMT) | Drie: Tony Daly Doelskop: Michael Lynagh Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Verslag | Strafdoele: Jonathan Webb (2) | Bywoning: 56 208 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
Rugbywêreldkampioen 1991 |
---|
Australië |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1991.[11]
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Australië | 3 | 6 | 6 | 0 | 0 | 126 | 17 | 11 | 12 | 0 |
2 | Engeland | 1 | 6 | 4 | 0 | 2 | 119 | 11 | 9 | 17 | 2 |
3 | Nieu-Seeland | 1 | 6 | 5 | 0 | 1 | 143 | 19 | 11 | 15 | 0 |
4 | Skotland | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 162 | 20 | 14 | 16 | 2 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Frankryk | 4 | 4 | 3 | 0 | 1 | 92 | 13 | 5 | 10 | 0 |
6 | Ierland | 2 | 4 | 2 | 0 | 2 | 120 | 13 | 7 | 16 | 2 |
7 | Samoa | 3 | 4 | 2 | 0 | 2 | 60 | 8 | 5 | 5 | 1 |
8 | Kanada | 4 | 4 | 2 | 0 | 2 | 58 | 6 | 2 | 8 | 2 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Japan | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 77 | 13 | 8 | 2 | 1 |
10 | Italië | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 57 | 7 | 7 | 5 | 0 |
11 | Wallis | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 32 | 3 | 1 | 6 | 0 |
12 | Roemenië | 4 | 3 | 1 | 0 | 2 | 31 | 5 | 1 | 3 | 0 |
13 | Argentinië | 3 | 3 | 0 | 0 | 3 | 38 | 4 | 2 | 4 | 2 |
14 | Zimbabwe | 2 | 3 | 0 | 0 | 3 | 31 | 6 | 2 | 1 | 0 |
15 | Fidji | 4 | 3 | 0 | 0 | 3 | 27 | 1 | 1 | 3 | 4 |
16 | Verenigde State | 1 | 3 | 0 | 0 | 3 | 24 | 2 | 2 | 4 | 0 |
Algeheel | 32 | 1197 | 148 | 88 | 131 | 16 |
Meeste punte aangeteken:[1]
|
Meeste drieë gedruk:[2]
|
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)Wikimedia Commons bevat media in verband met Rugbywêreldbeker 1991. |