Die Ruimteverdrag, amptelik die verdrag oor die beginsels waaraan die aktiwiteite van die staat onderworpe is in die verkenning en gebruik van die buitenste ruimte, insluitend die maan en ander hemelliggame, is 'n verdrag wat die basis vorm vir die internasionale ruimtereg. Die verdrag is op 19 Desember 1966 in terme van 'n resolusie deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aanvaar. Dit is daarna op 22 Januarie 1967 vir ondertekening in Londen, Moskou en Washington DC geopen en het op 10 Oktober 1967 in werking getree. Op 1 Januarie 2013 is die verdrag deur 102 lande geratifiseer[1] en deur nog 26 lande onderteken.
In 1979 is die Maanverdrag onderteken, wat bedoel was as 'n uitbreiding van die Ruimteverdrag, maar omdat hierdie verdrag slegs deur 16 lande bekragtig is, waarvan nie een 'n onafhanklike ruimtevaarende nasie was nie, is dit in die praktyk 'n dooie verdrag.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |