Die SACS-kabel (Sistema de Cabo do Atlântico Sul) is ‘n optiese vesel-kommunikasiekabel in die suidelike deel van die Atlantiese Oseaan vir data-uitruiling tussen Latyns-Amerika en Afrika.
Hierdie ondersese kabel is 6165km lank en het ‘n maksimum kapasiteit van 40 teragrepe per sekonde.
In Fortaleza in Brasilië is dit geskakel aan die Seabras-kabel en in Sangano in Angola is dit gekoppel aan die SAT-3/WASC-kabel.
Die eienaar van die kabel is Angola Cable en dit is sedert September 2018 in gebruik.