SN 1006 | ||||
![]() | ||||
Die 1006-supernova-oorblyfsel. | ||||
Soort supernova | Tipe Ia (veronderstel) | |||
Sterrestelsel | Melkweg | |||
Sterrebeeld | Wolf | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h 02m 08s | |||
Deklinasie | -41° 57′ | |||
Gal. koördinate | G.327.6+14.6 | |||
Afstand (ligjaar) | 7 200 | |||
Ontdek | 1 Mei 1006 17 April 1006 (moontlik) | |||
Top-magnitude | -7,5[1] | |||
Eienskappe | ||||
Voorloperster | Onbekend | |||
Voorlopertipe | Onbekend | |||
Kleur (B-V) | Japannese waarnemers beskryf dit as blou-wit by die sigbare spektrum[2] | |||
Notas | ||||
Die helderste supernova in die aangetekende geskiedenis | ||||
|
SN 1006 was 'n supernova (ontploffende ster) wat in die jaar 1006 waargeneem is. Dit was die helderste supernova wat tot dusver geregistreer is, en is oor die hele wêreld gesien.
Die supernova het tussen 30 April en 1 Mei van die jaar 1006 in die Wolf-konstellasie (Lupus) plaasgevind. Die gebeurtenis is deur sterrekundiges in China, Japan, Irak, Egipte, Europa[3] en moontlik ook in Noord-Amerika,[4] aangeteken. Dit het op 'n afstand van ongeveer 7 200 ligjare van die Aarde plaasgevind en was die helderste hemellig in die geskrewe geskiedenis. Dit het 'n skynbare magnitude van -7,5 gehad,[5] meer as tien keer helderder as Venus, en was selfs in die dag sigbaar.
Die supernova was waarskynlik van die tipe Ia, 'n skaars supernova wat deur massa-oordrag binne 'n dubbelster veroorsaak word.