Saab 21

Saab 21
Saab J 21A-3
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Saab AB
Ontwerp deur Frid Wänström
Nooiensvlug 10 Maart 1947
Onttrek 23 Julie 1954
Status Onttrek
Hoofgebruiker Sweedse Lugmag
Vervaardig 1945-1949
Aantal gebou 298

Die Saab 21 is 'n Sweedse vegvliegtuig en die eerste vliegtuig wat eers met 'n suierenjin en later met 'n straalmotor aangedryf is. Hierdie vliegtuig was ontwerp om die verouderde V.S.A. en Italiaanse vegvliegtuie van die Sweedse Lugmag te vervang.

Die J21A was suierenjin model, toegerus met 'n Daimler Benz-enjin en is in diens gestel in Junie 1945. Die enjin ontwerp was 'n stoot konfigurasie. Dit het ook oor 'n uitskietstoel beskik om te verseker dat persone wat uitspring nie in die skroef beland wat net 4.58 m agter die kajuit is nie.

Na ontwikkeling het die J21RA die lig gesien in 1949, toegerus met 'n straal motor. Die ontwikkeling was vertraag nadat tegniese probleme met die omskakeling ondervind was. Die straalmotor het die vliegtuig se topspoed met 160 km/h verbeter.

Daar was ook grondaanval modelle met beide enjins ontwikkel.

Tegniese besonderhede

[wysig | wysig bron]
Besonderhede van die Saab J21RB:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger de Havilland Goblin 3 turbostraal
Kraglewering per motor 1 500 kg stukrag
Vlerkspan 11,6 m
Lengte 10,45 m
Hoogte 2,95 m
Vlerkoppervlakte 22,2 m2
Maks. opstygmassa 4 990 kg
Maks. snelheid 800 km/h
Operasionele hoogte 12 000m
Togafstand 720km
Klimvermoë 1 400 m per minuut
Bewapening Een 20 mm kanon en twee 13.2 mm masjiengewere in neus.

Ook twee masjiengewere in vlerke

Sien ook

[wysig | wysig bron]