Saalbekooievaar | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. senegalensis
|
Binomiale naam | |
Ephippiorhynchus senegalensis (Shaw, 1800)
|
Die saalbekooievaar (Ephippiorhynchus senegalensis) is met sy gekleurde snawel een van die kleurrykste ooievaars.
Die ooievaar kry sy naam van die saalvormige geel gedeelte aan die bokant van sy snawel. Die dieet van die saalbekooievaar bestaan hoofsaaklik uit vis, wat hy in vlak water vang. Volwasse mannetjies word ongeveer 150 cm hoog, terwyl vroulikes minstens 10 cm kleiner is, met 'n vlerkspan van 2,4-2,7 meter. 'n Verdere duidelike verskil tussen die twee geslagte is oogkleur; by die mannetjie is die oë bruinerig en by die wyfies geel.
Die voëls lewe gewoonlik in pare saam en maak nes in bome. Saalbekooievaars kom wydverspreid oor die hele Afrika voor, maar nie op Madagaskar nie. In teenstelling met die meeste ooievaarsoorte trek hierdie voëls nie, hul woon of bly meestal in dieselfde gebied.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ephippiorhynchus senegalensis. |
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |