Saartjie Baartman | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 1789 Naby Gamtoosrivier |
Sterf | 29 Desember 1815 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Slaaf |
Bekend vir | Liggaamsbou |
Saartjie Baartman (1789– 29 Desember 1815) was die bekendste van ten minste twee Khoikhoi-vroue wat in die 19de eeu as trekpleister in Europa onder die naam Hottentot-Venus tentoongestel is.[1] "Hottentot" was die naam van die Khoi-mense, wat nou aanstootlike beskou word,[2] en "Venus" verwys na die Romeinse godin van liefde.
Suid-Afrikaanse Khoikhoi-vroue wat as gevolg van hul groot boude uitgestal is as sirkus-aantreklikhede in Europa in die 19de eeu.
Baartman is in 1789 van 'n Khoisan-familie naby die Gamtoosrivier in die Oos-Kaap, in die destydse Nederlandse koloniale ryk, gebore. Haar Khoi-naam is tot vandag toe ongekend. Sy was 'n slaaf van Nederlandse boere in Kaapstad, en kon vloeiend Nederlands praat. Haar pa is deur Boesmans vermoor terwyl hulle beeste geskuif het.[3]
Haar eienaar se broer, 'n vrye swart man genaamd Hendrick Cezar en William Dunlop, 'n Engelse dokter wat by die Kaapse slawehuis gewerk het, wou haar in Londen tentoonstel. Hulle beloof haar dat sy as 'n ryk vrou sal kan terugkeer. Saartjie was taamlik klein, met 'n swart vel, 'n groot agterstewe, lang skaamlippe en dik lippe. Europeërs het haar liggaamsbou vreemd gevind en wou graag sien hoe sy lyk. Sy is op 21 in 1810 na Londen en Ierland. Baartman het ook na Manchester verhuis, waar sy as Sarah Bartmann gedoop is. In 1814, ná Dunlop se dood, het 'n man genaamd Henry Taylor, Baartman na Parys (Frankryk) gebring waar sy in die openbaar tentoongestel is.
Baartman het in armoede geleef en sterf uiteindelik op 29 Desember 1815 as gevolg van 'n aansteeklike siekte, moontlik pokke, maar longontsteking is ook as 'n moontlike oorsaak genoem. Die beroemde anatoom Georges Cuvier maak 'n aantal anatomiese preparate van haar waaroor hy ook publiseer. Haar liggaam is tot in 1974 in 'n museum in Parys uitgestal.
Die oorskot van Saartjie is na 'n veldtog in 2002 na Suid-Afrika teruggebring, waarna sy in haar oorspronklike geboortestreek in Hankey ter ruste gelê is op Suid-Afrika se Nasionale Vrouedag.[4][5]
Die volgende rolprente handel oor haar lewe: