Sadir Djaparof | |
![]() Amptelike portret, 2021 | |
6de President van Kirgisië
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 28 Januarie 2021 | |
Eerste minister | Artyom Novikov (waarnemend) Oelekbek Maripof Akilbek Djaparof |
---|---|
Voorafgegaan deur | Talant Mamitof (waarnemend) |
Ampstermyn 15 Oktober 2020 – 14 November 2020 Waarnemend | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Sooronbaj Jeenbekof |
Opgevolg deur | Talant Mamitof (waarnemend) |
22ste Eerste Minister van Kirgisië
| |
Ampstermyn 10 Oktober 2020 – 14 November 2020 Waarnemend: 6 Oktober 2020 – 10 Oktober 2020 | |
Vise | Artyom Novikov |
President | Sooronbaj Jeenbekof Homself Talant Mamitof (waarnemend) |
Voorafgegaan deur | Koebatbek Boronof |
Opgevolg deur | Artyom Novikov (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Desember 1968 Keng-Suu, Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek, Sowjetunie (vandag Kirgisië) |
Politieke party | Patrioties |
Eggenoot/-note | Aigul Djaparofa |
Alma mater | Kirgisies-Russiese Slawiese Universiteit |
Sadir Noergojoevits Djaparof (Kirgisies: Садыр Нургожоевич Жапаров; gebore op 6 Desember 1968) is 'n Kirgisiese politikus en die huidige president van Kirgisië sedert 28 Januarie 2021. Hy het voorheen as die waarnemende eerste minister van Kirgisië in die tussentydse regering na die bedanking van president Sooronbaj Jeenbekof in 2020 gedien. Djaparof het waarnemende president na Jeenbekof se bedanking geword, maar het op 14 November 2020 van die amp bedank om aan die presidentsverkiesing in Januarie 2021 deel te neem. Hy het die presidentsverkiesing gewen en vir waarnemende president Talant Mamitof opgevolg.
Djaparof is gebore in Keng-Suu, 'n dorpie in die Tüp-distrik in die destydse Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek wat binne die Sowjetunie was. Hy het nadat hy sy laerskoolopvoeding voltooi het, by die Kirgisiese Nasionale Akademie vir Fisiese Kultuur en Sport begin skoolgaan. In 1987 is Djaparof in die Sowjet-leër opgeneem, waar hy vir twee jaar as 'n bevelvoerder in 'n telekommunikasie-afdeling in Nowosibirsk gedien het.[1] Nadat hy in 1989 na die Kirgisiese SSR teruggekeer het met die rang van Junior Sersant, het Djaparof sy opvoeding by die akademie tot 1991 voortgesit. In 2006 het Djaparof 'n regsgraad van die Kirgisies-Russiese Slawiese Universiteit in Bisjkek ontvang.[2]
Djaparof het die politiek na die Tulp-rewolusie van 2005 betree. In Maart 2005 is hy tot die Hoogste Raad, die Kirgisiese nasionale wetgewer, verkies. Hy was 'n bondgenoot van president Kurmanbek Bakiev. In 2006 was Japarof 'n lid van die Staatstoekenningskommissie. In 2007 was hy ondervoorsitter van die Amnestiekommissie.[3]
Hy is in die 2007 parlementêre verkiesing tot die Hoogste Raad herverkies as lid van die pro-presidensiële Ak Jol-party, maar hy het bedank om as 'n raadgewer vir die president te werk. Djaparof het tussen 2008 en 2010 as 'n gemagtigde verteenwoordiger van die Nasionale Agentskap vir die Voorkoming van Korrupsie gewerk.[3] Tydens sy ampstermyn as 'n kommissaris in die Nasionale Agentskap vir die Voorkoming van Korrupsie, is hy herhaaldelik daarvan beskuldig dat hy die Issyk-Kul Bank toegeslaan het om die sakeryk van Maksim Bakiev, die seun van destydse president Kurmanbek Bakiev, te bevorder.[4]
Nadat president Bakiev in die Kirgisiese rewolusie van 2010 omvergewerp is, het Djaparof en sy bondgenote aan die inter-etniese botsings wat binnekort in Osj en Jalal-Abad plaasgevind het deelgeneem.[3] Hy is in die parlementêre verkiesing na die rewolusie tot die Hoogste Raad as 'n lid van die Ata-Zhurt-party herverkies. Hy het kort daarna voorsitter van die Geregtelike en Regskwessies Komitee geword.
Tydens een van die saamtrekke vir die nasionalisering van die Kumtor-goudmyn in die herfs van 2012, het die betogers probeer om die Withuis in Bisjkek oor te neem.
Terwyl Djaparof, in 'n koeëlvaste baadjie en met wapens, die parlement binnegekom het, het sy bondgenote, adjunkte, Mamitof en Tasjiev, mense gelei om die parlementêre heining te bestorm. Hulle het 'n groot arsenaal by hulle gehad: traumatiese pistole, Makarof-pistole, jagkarbyne met honderde rondtes, metaal koevoete, klippe en messe.
Tashiev en Djaparof is albei aangekla ingevolge artikel 295 van die Kriminele Kode van die Kirgisiese Republiek "Geforseerde magsgreep of gedwonge behoud van mag." In Maart 2013 het die Pervomaisky-distrikshof van Bisjkek hulle skuldig bevind en hulle tot een jaar en ses maande tronkstraf gevonnis. Maar in Junie 2013 het die Bisjkek-stadshof die politici vrygespreek en hulle vrygelaat.[5]
Ná een van hierdie saamtrekke in Mei 2013 het inwoners van Issyk-Kul-dorpe beslag gelê op 'n elektriese substasie en 'n goudmynonderneming ontkrag. Terselfdertyd het onbekende mense $3 miljoen van die bestuurder van die Kanadese Centerra afgepers in ruil vir die stop van die saamtrekke.[6]
Tydens die betogings teen Kumtor in Karakol, het betogers op 27 Junie 2023 probeer om streekshoof Emilbek Kaptagaev te ontvoer en hom as gyselaar te neem. Die Kirgisiese owerhede het Djaparof en Kubanitjek Kadirof daarvan beskuldig dat hulle die plan georganiseer het. Die protesleiers is aangehou, maar Djaparof, wat sy betrokkenheid ontken het, het na Siprus gevlug.[7][3]
Djaparof het in 2017 probeer terugkeer na Kirgisië. Op 25 Maart 2017 is hy by die Kirgisies-Kazachse grens in hegtenis geneem. Hy is tot 11 jaar en 6 maande tronkstraf gevonnis vir die poging om Emilbek Kaptagaev te ontvoer.[3] Terwyl hy in die tronk was, het Djaparov die politieke party Mekenchil saam met Kamtjibek Tasjijev gestig.[8] Die party en sy ondersteuners het tussen 2018 en 2019 aansienlik gegroei en die party het betogings teen Djaparof se gevangenisskap georganiseer.
Op 5 Oktober 2020 het betogings en betogings teen die uitslag van die parlementêre verkiesings regdeur Kirgisië begin.[9]
Djaparof is op 6 Oktober vrygelaat en hy het na Ala-Too-plein in Bosjkek gegaan waar hy sy voorneme verklaar het om eerste minister te word..[10] Parlementslede het daardie aand sy nominasie goedgekeur maar die opposisie se kandidaat, Tilek Toktogaziev, het homself as die wettige hoof van die regering verklaar. Op 13 Oktober het die destydse president Sooronbaj Jeenbekof Djaparof se aanstelling as eerste minister verwerp weens volmagstemming.[11] Jeenbekof het versoek dat die parlement weer byeenkom en weer vir die benoeming stem; dit het die volgende dag gebeur, met Djaparov wat weer die parlementêre benoeming gewen het.[12] Djaparof is daarna as eerste minister aangestel.
Op 15 Oktober het Jeenbekof as president bedank en Djaparof het homself toe as waarnemende president verklaar.[13] Ten spyte van die Kirgisiese Grondwet wat bepaal dat die speaker van die Hoogste Raad in die amp moet opvolg, het Kanatbek Isaev geweier om die amp te aanvaar, wat daartoe gelei het dat Japarov die waarnemende president word.[14] Djaparof het in November van die amp bedank om aan die presidentsverkiesing in Januarie 2021 deel te neem wat hy sou wen. Hy is op 28 Januarie 2021 as die president van Kirgisië ingehuldig.[15]
{{cite news}}
: Gaan datum na in: |access-date=
(hulp)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |