Sir Ahmed Salman Rushdie (gebore 19 Junie1947) is 'n Brits-Indiese romanskrywer en essayis.[1] Sy tweede roman, Midnight's Children, het in 1981 die Booker-prys gewen. Sy omstrede vierde roman, The Satanic Verses, het internasionaal opspraak gewek toe die ajatollaRoeholla Chomeini as gevolg daarvan 'n fatwa vir Rushdie se teregstelling op 14 Februarie 1989 uitgevaardig het.
Rushdie woon sedert 2000 in Amerika, waar hy by die Emory-universiteit werksaam was. Hy is verkies tot die American Academy of Arts and Letters. In 2012 publiseer hy Joseph Anton: A Memoir, wat sy lewe beskryf in die nasleep en omstredenheid oor The Satanic Verses.
Op 12 Augustus 2022 is Rushdie tydens 'n toespraak in New York aangeval. 'n Man het na die verhoog gehardloop en Rushdie verskeie kere gesteek net voordat hy geskeduleer was om 'n lesing in Chautauqua, New York te lewer.[2] Op 23 Oktober 2022 het Andrew Wylie, sy agent berig dat Rushdie sig in een oog en die gebruik van een hand verloor het, maar die moordpoging oorleef het.[3][4]