Sambokpeul | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. abbreviata
|
Binomiale naam | |
Cassia abbreviata | |
Subspesies | |
C. a. subsp. abbreviata |
Die sambokpeul (Cassia abbreviata) is 'n kleinerige boom in die Fabaceae familie. Daar is reeds drie subspesies aangeteken. Die boom se FSA-nommer is 212.[2]
Die boom wat tot 6 m hoog kan word het 'n geronde kroon en taamlik oorhangende takke. Die saamgestelde blare is ongeveer 30 cm lank met 5 tot 12 pare blaartjies wat soms fluweelagtig is. Die blomme is ongeveer 4 cm in deursnee. Die peule is fluweelagtig, silindries, goudbruin tot bruin en tot 90 cm lank.
Die boom kom voor in Limpopo en Mpumalanga. Buite Suid-Afrika is die boom inheems aan Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.