Sansevieria | |
---|---|
![]() | |
Sansevieria ehrenbergii | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asparagaceae |
Subfamilie: | Nolinoideae |
Genus: | Sansevieria Thunb., (1794), |
Sansevieria is 'n genus van sowat 70 spesies in die divisie van bedeksadiges (blomdraende plante, Angiospermae) in die koninkryk van plante (Plantae). Die genus is inheems aan kontinentale Afrika, Madagaskar, en suidelike Asië, en word volgens die APG III-klassifikasiestelsel by die genus Dracaena ingesluit.[1] Beide genera word by die subfamilie Nolinoideae (voorheen die familie Ruscaceae) in die familie Asparagaceae ingedeel.[2] Sansevieria is ook al by die voormalige familie Dracaenaceae ingedeel.