Savantsindroom | |
---|---|
Ander name | Outistiese savant Idioot-savant (geskiedkundig) |
Kim Peek, die savant wat die inspirasie was vir die hoofkarakter in die rolprent Rain Man. | |
Spesialiteit | Psigiatrie, neurologie |
Simptome | Algemene geestesgestremdheid met sekere vermoëns ver bo die gemiddelde.[1][2] |
Oorsake | Neoro-ontwikkelingsteuring soos outismespektrumsteuring; breinbesering[1] |
Frekwensie | ~1 uit 'n miljoen mense[3] |
Mediese waarskuwing |
Savantsindroom is 'n verskynsel wat soms ná die herstel van breinskade voorkom en 'n toestand kan veroorsaak waar iemand sekere vermoëns ver bo die gemiddelde het, ondanks soms aansienlike geestesgestremdhede.[1][2] Die aanleg het gewoonlik met die geheue te doen.[1] Dit kan insluit vinnige berekenings, 'n kuns- of musiekaanleg of die teken van kaarte.[1] Gewoonlik kom net een buitengewone aanleg voor.[1]
Mense met die toestand het gewoonlik 'n neuro-ontwikkelingsteuring soos outismespektrumsteuring of 'n breinbesering.[1] Sowat die helfte van gevalle word met outisme verbind, en sulke individue kan as "outistiese savante" bekend staan.[1] Hoewel die toestand gewoonlik in die kinderjare opgelet word, ontwikkel sommige gevalle later in die lewe.[1] Die DSM-5 beskou dit nie as 'n geestesteuring nie, omdat dit verband hou met dele van die brein wat herstel of restruktureer.[4]
Savantsindroom raak sowat een uit 'n miljoen mense.[3] Die toestand kom meer dikwels by mans voor as by vroue, met 'n verhouding van 6:1.[1] Die eerste mediese rekord van die sindroom was in 1783.[1] Onder mense met outisme kom savantsindroom in 'n mate by 1 uit 10 tot 1 uit 200 voor.[1] Daar is na raming tans minder as honderd wonderbaarlike savante, met vermoëns so buitengewoon dat dit selfs as uitmuntend vir 'n gewone mens beskou sou wees.[1]
'n Kalendersavant is iemand wat, ondanks sy intellektuele gestremdheid, die dag van die week van 'n datum of omgekeerd kan opnoem, binne 'n beperkte omvang van datums of millenniums.[5][6] Die skaarste aan mense met dié vermoë is waarskynlik vanweë die gebrek aan belangstelling daarvoor onder die gewone publiek, hoewel wiskundiges sekere formules ontwikkel het wat hulle in staat stel om soortgelyke vermoëns te verkry.[6] Kalendersavante is dalk, aan die ander kant, nie geneig om sosiaal gewilde vermoëns aan te leer nie.[7]