Scalextric is die handelsnaam van 'n motorresiesstel wat in die laat 1950's vir die eerste keer verskyn het. Dit is die eerste keer deur die ingenieur B. Fred Francis geskep[1] toe hy 'n elektriese motor gevoeg het by die Scalex-blikmotors wat deur sy maatskappy, Minimodels Ltd, vervaardig is.[2]
Die eerste "Scalextric" is in 1956 in Havant, Hampshire, vervaardig. Hornby Hobbies het die maatskappy in 1968 gekoop.[3]