| |||||||
Gestig | 1 Augustus 1946 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
AOC # | SCA.AOC.001E | ||||||
Hoofspille | |||||||
Lojaliteitsprogram | EuroBonus | ||||||
Alliansie | Star Alliance | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 124 | ||||||
Bestemmings | 125[1] | ||||||
Houermaatskappy | SAS Group | ||||||
Hoofkantoor | Solna, Stockholm, Swede | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Omset | SEK 46,736 miljoen[2] | ||||||
Webwerf | flysas |
Scandinavian Airlines, meer algemeen bekend as SAS, is die vlagdraer van Denemarke, Noorweë en Swede.[3] SAS is 'n afkorting van die maatskappy se volle naam, Scandinavian Airlines System[4] of wettiglik Scandinavian Airlines System Denmark-Norway-Sweden.[5]
Die lugredery vorm deel van die SAS-groep met sy hoofkwartier by die SAS Frösundavik-kantoorgebou in Solna, Swede, en bedryf 124 vliegtuie na 125 bestemmings (teen 2023).[1][6] Die lugredery se hoofkern is by Kopenhagen-Kastrup-lughawe, met verbindings na 109 bestemmings regoor die wêreld. Stockholm Arlanda-lughawe (met 106 bestemmings) is die tweede grootste spilpunt, met Oslo-lughawe (Gardermoen) die derde groot spilpunt van SAS.[7] Klein spilpunte bestaan ook by Bergen-lughawe, Flesland, Göteborg Landvetter-lughawe, Stavanger-lughawe en Trondheim-lughawe.
SAS Cargo is 'n onafhanklike, volfiliaal van Scandinavian Airlines met sy hoofkantoor op die Kopenhagen Lughawe.