Sekstant | ||||
Latynse naam | Sextans | |||
Genitief | Sextantis, Sextansis | |||
Afkorting | Sex | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h | |||
Deklinasie | 0º | |||
Grootte | 314 vk. grade (47ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Sextantis (α Sex) | |||
Naaste ster | LHS 292 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 5 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 28 | |||
Meteoorreëns | Sekstantiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Leeu, Noordelike Waterslang, Beker | ||||
|
Die Sekstant (Latyn: Sextans) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1687 deur die sterrekundige Johannes Hevelius voorgestel en is genoem na die meetinstrument sekstant, wat hy dikwels in sy waarnemings gebruik het.
Die Sekstant dek ’n taamlik yl, dowwe deel van die hemelruim. Dit het net een ster met ’n helderheid van groter as 5 mag, Alpha Sextantis (4,49 mag). Daar is ’n paar dubbelsterre soos Gamma, 35 en 40 Sextantis, asook ’n paar veranderlike sterre soos Beta, 25 en 23 Sextantis.
Die Sekstant bevat net een noemenswaardige sterrestelsel, NGC 3115. Die maan en van die planete beweeg soms vir kort ’n ruk daardeur.