Die senosark in koraalriwwe is die lewende weefsel wat die skelette van die verskillende korale met mekaar verbind. Dit skei ’n stof af waarin die poliepe geanker is.
Die senosark bevat ook die gastrovaskulêre kanaalstelsel wat poliepe in staat stel om voedingstowwe en simbiotiese soöxantellas uit te ruil.[1]