Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Sergei Stepasjin Сергей Степашин | |
Eerste Minister van Rusland
| |
Ampstermyn 12 Mei 1999 – 9 Augustus 1999 | |
President | Boris Jeltsin |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jefgeny Primakof |
Opgevolg deur | Wladimir Poetin |
1ste Adjunk-Eerste Minister van Rusland
| |
Ampstermyn 27 April 1999 – 19 Mei 1999 | |
Eerste minister | Jefgeny Primakof |
Voorafgegaan deur | Vadim Gustof |
Opgevolg deur | Nikolai Aksyonenko |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 2 Maart 1952 Dalian, Volksrepubliek china |
Eggenoot/-note | Tamara Stepasjin |
Kind(ers) | 1 |
Alma mater | Lenin Politieke-Militêre Akademie, Finans-Akademie |
Religie | Russies-Ortodokse Kerk |
Toekennings | Orde van Dapperheid |
Sergei Wadimowitsj Stepasjin (Russies: Серге́й Вади́мович Степа́шин; geb. 2 Maart 1952) is ’n politikus en voormalige premier van Rusland. Hy is in 1994 deur Boris Jeltsin aangestel as minister van federale veiligheid. Hy het bedank ná ’n gyselaarkrisis in die stad Boedjonnofsk in die suide van die land.
Hy was van 1997 tot Maart 1998 minister van justisie en van 1998 tot Mei 1999 minister van binnelandse sake. Hy is toe aangestel as premier. Jeltsin het dit van die begin af duidelik gemaak dit is net tydelik, en in Augustus dié jaar is Stepasjin vervang deur die toekomstige president van Rusland, Wladimir Poetin.
Hy het daarna by die politieke party Jabloko aangesluit vir die parlementêre verkiesing van 1999 en is verkies tot die Staatsdoema, die laerhuis van die parlement. Hy het later bedank en hoof geword van die Ouditkamer van die Russiese Federasie, die federale ouditagentskap.