Sergio Badilla Castillo | |
---|---|
Sergio Badilla Castillo in 2013 | |
Gebore | 30 November 1947 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | digter en skrywer |
Sergio Badilla Castillo (* 30 November 1947) is 'n Chileense digter, essayis, vertaler en universiteitsprofessor. Hy is die stigter van die transrealisme in moderne poësie en word as een van die belangrikste skrywers van Suid-Amerika beskou. Hy is onder meer deur die moderne Finse en Sweedse poësie en die Nordiese mitologie beïnvloed.
Sergio Badilla Castillo is gebore in die Chileense hawestad Valparaíso. Hy het studeer in die regte aan die Universiteit van Chili. Hy het sy eerste digbundel in 1971 uitgegee. Sedertdien het hy sewe verdere bundels gepubliseer.
Hy was later 'n redakteur van Sveriges Radio, die Sweedse uitsaaikorporasie, in Stockholm. Tans verdeel hy sy tyd tussen Stockholm en Santiago de Chili.