Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kwartêr | Pleistoseen | Gelasium | jonger | |
Neogeen | Plioseen | Piasensium | 2,588–3,600 | |
Zancleum | 3,600–5,332 | |||
Mioseen | Messinium | 5,332–7,246 | ||
Tortonium | 7,246–11,608 | |||
Serravallium | 11,608–13,65 | |||
Langhium | 13,65–15,97 | |||
Burdigalium | 15,97–20,43 | |||
Aquitanium | 20,43–23,03 | |||
Paleogeen | Oligoseen | Chattium | ouer | |
Die verdeling van die Neogeen (IKS). |
Die Serravallium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 13,65 tot 11,608 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Langhium en gevolg deur die Tortonium.
Die Serravallium is in 1864 deur die Italiaanse geoloog Lorenzo Pareto genoem na die Italiaanse dorp Serravalle Scrivia in Piëmont.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Sphenolithus heteromorphus; die bokant word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Discoaster kugleri en die Foraminifera Globigerinoides subquadratus, en word ook verbind met die kort magnetiese chronosone C5r.2n.