Deel van 'n reeks oor die |
---|
Geskiedenis van Griekeland |
Griekse Bronstydperk |
Egeïes • Helladies • Sikladies • Minoïes • Miceens |
Antieke Griekeland |
Donker eeue • Argaïes • Klassiek • Hellenisties • Romeins |
Middeleeuse Griekeland |
Bisantyns • Frankies en Latyns • Ottomaans |
Moderne Griekeland |
Die Sikladiese of Kukladiese beskawing is die Bronstydperk-kultuur van die Siklade in Griekeland, in die Egeïese See. Dit het geduur van omstreeks 3200 tot 2000 v.C.[1]
’n Kenmerkende Neolitiese kultuur wat elemente van Anatolië en die Griekse vasteland vermeng het, het voor 4000 v.C. in die wes-Egeïese gebied ontstaan. Argologiese vondste dui op die verwerking van koper. Elk van die Sikladiese eilande kon nie meer as ’n paar duisend mense huisves nie, hoewel modelle van hul bote wys tot 50 roeiers kon in ’n boot pas.
Toe die hoogs georganiseerde paleiskultuur van Kreta al hoe magtiger word, het die eilande onbelangrik geword – met die uitsondering van Delos, wat regdeur die Klassieke tydperk sy argaïese reputasie as ’n toevlugsoord behou het.
Dié belangrike beskawing uit die Laat-Neolitiese tot Vroeë Bronstydperk is die beste bekend vir sy skematiese plat vroue-idole wat uit die eilande se suiwer wit marmer gekerf is eeue voordat die Minoïese beskawing van die Middel-Bronstydperk in Kreta, in die suide, ontstaan het. Hierdie idole is uit grafte gesteel om te voorsien in die groot mark daarvoor sedert die vroeë 20ste eeu. Net sowat 40% van die 1 400 figure wat ontdek is, se oorsprong is bekend omdat plunderaars bewyse van die res vernietig het.
Die chronologie van die Sikladiese beskawing word in drie hooffases verdeel: Vroeg-, Middel- en Laat-Sikladies. Dié word weer verder verdeel. Teen die einde van die Laat-tydperk (omstreeks 2000 v.C.) was daar ’n vermenging van die Sikladiese en die Minoïese kultuur.
Die verskillende fases lyk soos volg: