Algemeen | |
---|---|
Naam | Silikontetrachloried |
Chemiese formule | SiCl4 |
Molêre massa | 169,9 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 10026-04-7[1] |
Voorkoms | kleurlose vloeistof[1] |
Reuk | stekend[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -68 °C[1] |
Kookpunt | 59 °C[1] |
Digtheid | 1,483 @ 20°C[1] |
Oplosbaarheid | reageer en ontleed[1] |
Brekingsindeks | 1,412 @ 20 °C[1] |
ΔvapHɵ | 29,7 [kJ/mol] @ 25 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Silikontetrachloried is 'n verbinding van silikon en chloor met die formule SilCl4.
Silikontetrachloried word gewoonlik teen ongeveer 400 °C uit die elemente vervaardig.
Sorg moet gedra word om alle vog te vermy. Chloor word gedroog deur dit deur gekonsentreerde swaelsuur te lei. Rou silikon bevat dikwels yster wat as ystertrichloried FeCl3 sal sublimeer. Dit moet toegelaat word om neer te slaan voordat die SiCl4-damp gekondenseer word. By reaksietemperature net onder 400 °C kan klein hoeveelhede hoër silikonchloriede soos Si2Cl6 en Si3Cl8 gevorm word wat deur gefraksioneerde distillasie verkry kan word.[2]
Met water hidroliseer dit tot soutsuur en kieselsuur:[1]
Dit word gebruik om militêre rookskerms en om silikone, saamgesmelte silikaglas, rooksilika, silika-optiese golfleiers, transistors en ander chemiese produkte te vervaardig.[1]