| |||||||
Gestig | 2001 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | Heydar Aliyev Internasionale Lughawe | ||||||
Vlootgrootte | 5 | ||||||
Bestemmings | 31 | ||||||
Houermaatskappy | Silk Way Group | ||||||
Hoofkantoor | Bakoe, Azerbeidjan | ||||||
Webwerf | silkwayairlines |
Silk Way Airlines is 'n Azerbeidjanse private vragredery met sy hoofkantoor en vlugbedrywighede by Heydar Aliyev Internasionale Lughawe in Bakoe, Azerbeidjan.[1] Dit bedryf vragdienste na Asië, die Midde-Ooste en Europa, asook dienste vir die regering en nie-regeringsorganisasies. Die lugredery is deel van die Silk Way-groep.[2]
Die maatskappy is in 2001 gestig en het op 6 Oktober 2001 met kommersiële vlugte begin.[3] Vroeg in 2015 het Silk Way West Airlines 'n kontrak beding vir nog drie Boeing 747-8-vragtuie, die Boeing 747-8F.[4] In Mei 2015 is aangekondig die lugredery is die bekendstellingskliënt vir die Antonov An-178 nadat 'n bestelling vir 10 vliegtuie geplaas is.[5] In 2017 het die maatskappy die aankoop van nog 10 Boeing 737 MAX-vliegtuie onderteken met 'n totale koste van $1 miljard.[6]
In September 2018 het Silk Way Airlines die uitbreiding van sy roetes na Noord-China aangekondig, met vlugte na Tianjin wat twee keer per week onderneem word.[7] Vanaf Januarie 2021 het Silk Way meer as 40 bestemmings bedien.
Vanaf September 2021 het die Silk Way Airlines-vloot uit die volgende vliegtuie bestaan:[8]
Die bykomende vloot Boeing 747-vragvliegtuie word deur die sustermaatskappy Silk Way West Airlines bedryf.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |