Die sin van die lewe is 'n filosofiese vraagstuk wat hom met die doel en intrinsieke waarde van die menslike bestaan, of biologiese lewe oor die algemeen, bemoei. Hierdie konsep kan deur 'n verskeidenheid vrae gestel word, soos Waarom is ons hier?, Waaroor gaan die lewe?, en Wat beteken dit alles? Dit was in die opgetekende geskiedenis van die mensdom deurgaans 'n punt vir filosofiese, wetenskaplike en teologiese bespiegeling. Daar is 'n groot aantal antwoorde vanuit verskillende kulturele en ideologiese agtergronde tot hierdie vrae gebied. Die Franse eksistensialis Albert Camus het opgemerk: "Ons mense is skepsels wat ons lewens deurbring deur onsself te oortuig dat ons bestaan nie absurd is nie."[1]
Die sin van die lewe is diep verstrengel met die filosofiese en religieuse konsepte van bestaan, bewussyn en geluk, en raak aan baie ander kwessies, soos simboliese betekenis, ontologie, waarde, doel, etiek, goed en kwaad, vrye wil, sienings van God, die bestaan van God, die siel, en die hiernamaals. Wetenskaplike bydraes is meer indirek; deur die empiriese feite oor die heelal te beskryf, verskaf wetenskap ietwat konteks en stel dit parameters waarbinne gesprekke oor verwante onderwerpe gevoer word. 'n Alternatiewe, mens-sentriese, en nie 'n kosmiese of religieuse benadering nie, is die vraag "Wat is die doel van my lewe?" Die waarde van die vraag rakende die doel van die lewe kan as saamvallend met die bereiking van uiteindelike werklikheid beskou word, indien 'n persoon glo dat laasgenoemde bestaan.
Vrae oor die sin van die lewe is in verskeie maniere uitgedruk, insluitende die volgende:
Hierdie vrae het tot 'n verskeidenheid teenstrydige antwoorde en argumente gelei, van wetenskaplike teorieë, tot filosofiese, teologiese en spirituele verklarings.
Stellings dat beskrywende wetenskap lig op normatiewe kwessies soos die sin van die lewe kan werp, word hewig binne die wetenskaplike en filosofie-van-wetenskap-gemeenskappe betwis. Desnieteenstaande kan wetenskap ietwat konteks bied en parameters daarstel waarbinne gesprekke oor verwante onderwerpe gevoer kan word.
Wetenskap kan, of kan nie, in staat wees (nie) om ons meer oor die wesenlike waarde in die lewe te vertel, maar sommige studies berus op verwante vrae: navorsers in positiewe sielkunde (en, vroeër en minder streng, in humanistiese sielkunde) bestudeer faktore wat tot lewensbevrediging,[23] volle verbintenis tot aktiwiteite,[24] die gebruik van 'n mens se persoonlike sterkpunte om 'n voller bydrae te maak,[25] en betekenissin gebaseer op die belegging in iets groter as die self,[26] lei.
Een waardestelsel wat deur sosiale sielkundiges voorgestel word, algemeen die Vreesbestuur-teorie genoem, behels dat alle menslike betekenis afgelei word van 'n fundamentele vrees vir die dood, waarby waardes gekies word wanneer dit ons toelaat om die verstandelike herinnering aan die dood te ontvlug.
Neurowetenskap het teorieë gegenereer oor beloning, plesier en motivering in terme van fisiese entiteite soos neurosenderaktiwiteit, veral in die limbiese stelsel en die ventrale tegmentale area in besondere. Indien 'n mens glo dat die sin van die lewe is om plesier te maksimeer, dan maak hierdie teorieë normatiewe voorspellings oor hoe om op te tree om dit te bereik.
Ekonome het 'n groot deel oor wat in die markplek gewaardeer word, geleer, en sosiologie bestudeer waarde op 'n sosiale vlak deur van teoretiese konstruksies soos waardeteorie, norme, anomie, esv. gebruik te maak.
Die presiese meganismes van abiogenesis is onbekend: bekende teorieë sluit die RNS-wêreldhipotese (RNS-gebaseerde replikators) en die yster-swawel-wêreldteorie (metabolisme sonder genetika) in. Die teorie van ewolusie probeer nie die oorsprong van die lewe verduidelik nie, maar eerder die proses waardeur verskillende lewensvorme deur die geskiedenis via genetiese mutering en natuurlike seleksie ontwikkel het.[27] Teen die einde van die 20ste eeu en gebaseer op die insig verkry uit die geen-sentriese siening van ewolusie, het bioloë George C. Williams, Richard Dawkins en David Haig, onder andere, tot die gevolgtrekking gekom dat indien daar 'n primêre funksie van die lewe is, dit die kopiëring van DNS en die oorlewing van 'n mens se gene is.[28][29]
Alhoewel wetenskaplikes lewe op aarde intensief bestudeer, is dit steeds 'n uitdaging om die begrip lewe in ondubbelsinnige terme te definieer.[30][31] Fisies kan gesê word dat lewe "op negatiewe entropie teer"[32][33] wat na die proses verwys waarby lewende entiteite hul interne entropie verlaag ten bate van die een of ander vorm van energie wat uit die omgewing opgeneem word.[34][35] Bioloë is dit oor die algemeen eens dat lewensvorme self-organiserende stelsels is wat die interne omgewing reguleer om sodoende hierdie georganiseerde stand te reguleer, dat metabolisme dien om energie te verskaf, en dat voortplanting dit toelaat vir lewe om oor 'n duur van meervuldige generasies voort te bestaan. Organismes is tipies responsief tot prikkels en genetiese inligting neig om van generasie tot generasie te verander om sodoende aanpassing deur ewolusie te bemoontlik. Hierdie karaktereienskappe verbeter respektiewelik die kanse op oorlewing van die indiwiduele organisme en sy afstammelinge.[36][37]
Nie-sellulêre repliserende agente, noemenswaardig virusse, word gewoonlik nie as organismes beskou nie omdat hulle nie in staat is om voortplanting en metabolisme onafhanklik te behartig nie. Hierdie omstredenheid is egter problematies, aangesien sommige parasiete en endosinbionte ook nie tot onafhanklike lewe in staat is nie.
Astrobiologie bestudeer die moontlikheid van ander lewensvorme in ander wêrelde, soos repliserende strukture wat van materiale buiten DNS gemaak is.
Alhoewel die Oerknal-model aanvanklik met skeptisisme begroet is toe dit bekend gestel is — gedeeltelik weens die verbinding met die religieuse konsep van kreasionisme — word dit vandag wyd deur menige onafhanklike waarnemers ondersteun.[38] Huidige fisika kan die vroeë heelal egter net van 10−43 sekondes ná die Oerknal beskryf (waar nultyd met oneindige temperatuur ooreenstem); 'n teorie van kwantumgravitasie word benodig om verder terug in tyd te beskryf. Desnieteenstaande het vele fisici al oor wat hierdie beperking kon voorafgegaan het en oor hoe die heelal die werklikheid binnegetree het, bespiegel.[39] Sommige fisici glo dat die Oerknal toevallig gebeur het, en wanneer die antropiese beginsel in ag geneem word, word dit die gereeldste as impliserend van die bestaan van 'n multiversum.[40]
Tog blyk dit dat, losstaande van hoe ookal die heelal tot bestaan gekom het, die mensdom se noodlot beslis is. Selfs indien die mensdom so lank sal oorleef, sal biologiese lewe uiteindelik onvolhoubaar raak, sy dit deur 'n Groot Vries, Groot Skeur of Groot Samepersing. Dit blyk dat die enigste manier om te oorleef is om die vloei van energie op 'n kosmiese skaal te beheer sodat die noodlot van die heelal verander kan word.[39]
Die ware aard en oorsprong van die bewussyn en die verstand self word ook wyd in die wetenskap betwis. Die verklaringsgaping word gewoonlik met die groot probleem van die bewussyn gelyk gestel, en die kwessie van vrye wil word ook as van kardinale belang beskou. Hierdie onderwerpe word meestal in die velde van kognitiewe wetenskap, neurowetenskap en die filosofie van die verstand bespreek, alhoewel sommige ewolusionêre bioloë en teoretiese fisici ook menige toespelings tot die onderwerp gemaak het.[41][42]
Reduksionistiese en elminatiewe materialisme benaderinge, byvoorbeeld die Veelvuldige Ontwerp-model, hou voor dat die bewussyn volledig deur neurowetenskap verklaar kan word, deur die werkinge van die brein en sy neurone, dus voldoenend aan biologiese naturalisme.[42][43][44]
Aan die ander kant het sommige wetenskaplikes, soos Andrei Linde, die moontlikheid oorweeg dat die bewussyn, soos ruimtetyd, sy eie intrinsieke grade van vryheid het, en dat ons waarnemings so reëel (of selfs meer reëel) as materiële voorwerpe kan wees.[45]
Hipoteses oor die bewussyn en ruimtetyd beskryf verduidelik die bewussyn in die beskrywing van 'n "ruimte van bewuste elemente"[45] wat gewoonlik 'n aantal ekstra dimensies omvat.[46] Elektromagnetiese teorieë oor die bewussyn los die bindingsprobleem van die bewussyn op deurdat dit aanvoer dat die elektromagnetiese veld wat deur die brein opgewerk word, die eintlike draer van die bewuste ervaring is; daar bestaan egter meningsverskille oor die implementerings van so 'n teorie rakende die ander werkinge van die verstand.[47][48] Kwantumverstandteorieë gebruik die kwantumteorie om sekere eienskappe van die verstand te verklaar. Om die proses van vrye wil aan die hand van kwantumfenomene te verklaar is 'n gewilde alternatief tot die determinisme; sulke postulasies kan soms vrye wil met kwantumgolwe,[49] kwantumversterking,[50] kwantumpotensiaal,[49] en kwantumwaarskynlikheid[51] verbind.
Gebaseer op die vooropstellings van nie-materialistiese verklarings van die verstand het sommige die bestaan van 'n kosmiese bewussyn voorgestel, bewerend dat die bewussyn eintlik die "fondament van alle bestaan" is.[17][50][52] Voorstanders van hierdie siening verwys na berigte van paranormale fenomene, hoofsaaklik ekstrasensoriese waarnemings en psigiese kragte, as bewyse van 'n nie-liggaamlike hoër bewussyn. In die hoop om die bestaan van hierdie fenomene te bewys, het parapsigoloë al menige eksperimente geörkestreer. Meta-analises van hierdie eksperimente dui aan dat die effekgrootte (alhoewel geweldig klein) relatief konsekwent was, wat in 'n algehele statistiese noemenswaardigheid resulteer.[53][54][55] Alhoewel sommige kritiese analiste voel dat parapsigologiese studies wetenskaplik is, is hulle nie met die eksperimentele uitslae tevrede nie.[56][57] Skeptiese nasieners betoog dat skynbare suksesvolle resultate meer waarskynlik as gevolg van slorige prosedures, swak opgeleide navorsers, of metodologiese foute is as wat dit as gevolg van werklike effekte is.[58][59][60][61]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |month=
geïgnoreer (hulp)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: Eksterne skakel in |format=
(hulp)