Die Singapoerse Grand Prix is 'n Formule Een motorwedren wat jaarliks op die Marinabaai Straatrenbaan in Singapoer gehou word.
Die Grand Prix is 'n ren op die FIA Formule Een Wêreldkampioenskapskalender en was die eerste F1 aandren[1][2] en die eerste straatren in Asië.[3] Die Spanjaard Fernando Alonso van die Renault F1-span het die eerste Formule Eenren gewen.
Die Singapoerse Grand Prix sou tot ten minste 2021 op die F1-kalender bly, nadat die organiseerders van die wedren 'n kontrakverlenging met "Formula One Management" onderteken het op die eerste dag van die 2017-byeenkoms.[4][5] Die vorige kontrakverlenging is in 2012 geteken vir tot en met 2017.[6] Sedert 2008 het elke wedren ten minste eenkeer 'n veiligheidsmotor ontplooi, 'n totaal van 21 keer teen 2019.[7][8][9]
Jaar | Renjaer | Vervaardiger | Plek | |
---|---|---|---|---|
2024 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | Marinabaai | |
2023 | Carlos Sainz jr. | Scuderia Ferrari | ||
2022 | Sergio Pérez | Red Bull-RBPT | ||
2020 2021 |
afgelas weens die koronaviruspandemie | |||
2019 | Sebastian Vettel | Scuderia Ferrari | Marinabaai | |
2018 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2017 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2016 | Nico Rosberg | Mercedes | ||
2015 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2014 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2013 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2012 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2011 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2010 | Fernando Alonso | Scuderia Ferrari | ||
2009 | Lewis Hamilton | McLaren-Mercedes | ||
2008 | Fernando Alonso | Renault | ||
2007- 1974 |
nie plaasgevind nie - voorheen by die Thomson Road-baan gehou |
The Singapore Grand Prix will remain on the F1 calendar for at least the next five years.