Algemeen | |
---|---|
Naam | Sinkhidroksied |
![]() | |
Chemiese formule | Zn(OH)2 |
Molêre massa | 99,39 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 20427-58-1[1] |
Voorkoms | wit of liggrys poeier[1] |
Fasegedrag | |
Fase | ε-Zn(OH)2; wülfingiet. |
Selkonstantes | a = 490,5(3)pm; b = 5143(4)pm; c = 847,3(2)pm[2] |
Ruimtegroep | P212121 |
Nommer | 19 |
Strukturbericht | C31 |
Fase | γ-Zn(OH)2 |
Selkonstantes | a=2307pm; b=804pm; c=330pm[3] |
Ruimtegroep | Imm2 |
Nommer | 44 |
Smeltpunt | 125 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 3,05 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | swak oplosbaar;[1] |
Ksp | 3 x 10-17[4] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Sinkhidroksied is 'n basis van sink met formule Zn(OH)2.
Van hierdie hidroksied is verskeie modifikasies bekend, waarvan drie in die natuur as mineraal aangetref word: sweetiet,[5] ashoveriet[6] en wülfingiet.[7]
ε-Zn(OH)2, die wülfingietfase, is die stabiele fase en kristalliseer in 'n ortorombiese kristalstruktuur wat die argetipe van die C31-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[8] Dit is afgelei van die ideale β-kristobaliet-struktuur (C9 in die strukturbericht-klassifikasie). β-Be(OH)2 het dieselfde struktuur. Die struktuur is op 'n verwronge kubiese digpakking van suurstof gebaseer, waarin een kwart van die tetraëderholtes met sinkatome gevul is. Die gevulde tetraëders is effens gedraai sodat waterstofbindings tussen hulle moontlik is.
Die β, γ, δ vorms is nie stabiel nie. Die struktuur van die γ-vorm is ortorombies en bestaan uit ZnO4-tetraëders wat hoekpunte deel en 'n ringstruktuur met drie eenhede vorm. Die ringe is gestapel in die [001] rigting deur hoekpunte te deel.[3]
Onder hoë drukke tussen 1,1 en 2,1 GPa word 'n tetragonale kristoballietagtige fase gevorm, waarskynlik met een van die twee enantiomere ruimtegroepe P41212 (#92) of P43212 (#96). Die oorgang behels 'n rotasie van die starre ZnO4-tetraëders. Bo 2,1 GPa vind nog 'n oorgang plaas wat moontlik van die tweede orde is, maar die simmetrie is nie bekend nie. Onder die kombinasie van hoë druk en hoë temperatuur is nog ander fases gevind. [9]
Eenkristalle van ε-Zn(OH)2 is verkry deur sinkmetaal in 'n oplossing van ammoniak elektrochemies te oksideer.
Sinkhidroksied is 'n amfoteriese hidroksied. Sy oplosbaarheid in water word beheers deur die ewewigte:
Die ewewigskonstantes is gemeet:[10]
T (°C) | Kspx1017 | K1x1011 | K2x1017 | K3x106 | K4x102 |
---|---|---|---|---|---|
12,4 | 1,42 | 1,12 | 1,66 | 1,12 | 5,70 |
25,0 | 1,74 | 2,54 | 2,62 | 1,32 | 6,47 |
50,0 | 2,34 | 7,70 | 7,02 | 2,56 | 7,92 |
75,0 | 3,16 | 20,2 | 15,0 | 2,74 | 8,99 |
Sinkhidroksied is 'n aktiewe katalisator vir α-selektiewe oordrag van allielgroepe van allielboronaatreagense na aldehiede.[11]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)