Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Brussel-Hoofstad |
Streek | Brussel |
Koördinate | 50°51′N 4°19′O / 50.850°N 4.317°O |
Oppervlak: | |
- Totaal | 5,89 vk km |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2019) | 96 501 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 383,9/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Catherine Moureaux (PS) |
Amptelike Webwerf | Molenbeek |
Sint-Jans-Molenbeek (Nederlands: [sɪnt ˈjɑns ˈmoːləmˌbeːk] of Molenbeek-Saint-Jean (Frans: [molənbek sɛ̃ ʒɑ̃]), kortweg Molenbeek, is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Brusselse Hoofstedelike Gewes. Die munisipale gebied het 'n bevolking van 96 501 (soos op 1 Januarie 2019) en 'n oppervlakte van 5,89 km². Die amptelike tale is Nederlands en Frans, maar daar word ook Arabies gepraat.
Die munisipaliteit het 'n Moslemgemeenskap van ca. 25-30%, veral van Marokkaanse afkoms. Daar is groot sosiale probleme met hoë kriminaliteit en werkloosheid en min edukatiewe moontlikhede.[1] In 2016 het die munsipaliteit in die nuus gekom deurdat een van die terroriste van die aanslag in Parys, Salah Abdeslam, hom hier versteek het en hier in hegtenis geneem is.