Sisi Ntombela

Sisi Ntombela
Sisi Ntombela

Premier van die Vrystaat
Ampstermyn
27 Maart 2018 – 21 Februarie 2023
Voorafgegaan deur Ace Magashule
Opgevolg deur Mxolisi Dukwana


Persoonlike besonderhede
Gebore Sefora Hixsonia Ntombela
16 April 1957 (1957-04-16) (67 jaar oud)
Tweeling, Vrystaat, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress (ANC)
Eggenoot/-note Louis Ntombela

Sefora Hixsonia "Sisi" Ntombela (gebore op 16 April 1957 te Tweeling, Vrystaat, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, die voormalige premier van die Vrystaat en 'n voormalige lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer. Sy was voorheen die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake asook menslike nedersettings. Sy was ook die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Ntombela is die adjunkpresident van die African National Congress Women's League en die tesourier van die Vrystaatse ANC. [1]

Vroeë lewe en loopbaan

[wysig | wysig bron]

Sefora Hixsonia Ntombela is as een van ses kinders in die klein boerderygemeenskap Tweeling in die Vrystaat gebore. Sy het op 'n jong ouderdom die bynaam "Sisi" gekry. Sy was op skool in die Tweeling Combined School en het later by die Kganyeng Sekondêre Skool gematrikuleer. Sy het hierna aan die Bonamelo Training College studeer en as onderwyseres teruggekeer na die Tweeling Combine School.

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Ntombela het as gesinsbeplanner en jeugkonsultant vir die Departement van Gesondheid gewerk. [2]

Later word Ntombela lid van die African National Congress en word verkies tot voorsitter van die Tweeling African National Congress Vroueligatak. Sy word gou streeksvoorsitter. Na die verkiesing in 1994 word Ntombela as burgemeester van die Tweeling-munisipaliteit verkies en dien hier tot haar verkiesing tot die Vrystaatse provinsiale wetgewer in 1999. Sy was 'n lid van die wetgewer tot sy in 2001 in die Nasionale Vergadering aangestel is. Sy keer in 2004 terug na die provinsiale wetgewer en word aangewys as voorsitter van beide die komitees vir maatskaplike ontwikkeling en gesondheidsportefeuljes. [3]

In Mei 2009 het die nuutverkose Vrystaatse premier, Ace Magashule, aangekondig dat Ntombela die pos as LUR vir maatskaplike ontwikkeling sal inneem. Ntombela is in Augustus 2015 tot adjunkpresident van die African National Congress Women's League verkies. [4] Magashule het sy Uitvoerende Raad in Oktober 2016 geskommel en Ntombela aangestel in die portefeulje Samewerkende Regering en Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings van die Uitvoerende Raad.[5][6]

In Maart 2018 is Ntombela deur die African National Congress gekies om Ace Magashule op te volg as premier van die Vrystaat. Sy neem op 27 Maart 2018 haar amp op en word die vierde vroulike premier van die provinsie. Sy is in Mei 2018 as tesourier van die Vrystaatse ANC-tak verkies.[7][8] Na die verkiesing in Mei 2019 het die African National Congress aangekondig dat hy Ntombela in haar posisie as premier van die Vrystaat behou het.[9][10][11]

Op 21 Februarie 2023 kondig sy haar bedanking as premier aan nadat sy deur die nuutverkose ANC Provinsiale Uitvoerende Komitee herroep is.<ref>

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Ntombela is getroud met die ANC-parlementslid, Madala Louis David Ntombela. Sy het positief getoets vir COVID-19 in Oktober 2020, maar het ten volle herstel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Sefora Hixsonia Ntombela. URL besoek op 29 April 2019.
  2. "On the couch with...Sisi Ntombela | Dumelang News". www.dumelangnews.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2018. Besoek op 22 April 2018.
  3. Premier takes over Geargiveer 8 November 2019 op Wayback Machine. URL besoek op 29 April 2019.
  4. ANCWL nominates candidates for its top five positions. URL besoek op 29 April 2019.
  5. Magashule chooses four women for council. URL besoek op 29 April 2019.
  6. Ace Magashule reshuffles the Free State's cabinet, BusinessLIVE. URL besoek op 29 April 2019.
  7. OFM. "#BreakingNews: Sisi Ntombela announced as new FS Premier". OFM. Besoek op 22 April 2018.
  8. New leadership elected for ANC in the Free State. Retrieved on 21 July 2019.
  9. ANC announces premier candidates Geargiveer 12 Julie 2021 op Wayback Machine. Retrieved on 13 May 2019.
  10. Meet SA's newly elected premiers[dooie skakel]. Retrieved on 22 May 2019.
  11. Setena, Teboho (15 Mei 2019). "Ntombela remains in the hot seat". News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019. Besoek op 21 Julie 2019.