Sjatrandja شَطْرَنْج is 'n ou vorm van skaak wat uit Indië na Persië gekom het en vir byna 1000 jaar gewild was in Persië.[1] Die vroegste Persiese verwysing word aangetref in die Middelpersiese boek Karnamak-i Artaxshir-i Papakan wat tussen die 3de en 7de eeu geskryf is. Die antieke boek verwys na Sjah Ardashir I wat van 224–241 regeer het as 'n meester van die spel[2]
Sjatrandja het uit die nog ouer Indiese spel tsjastoeranga ontwikkel. Dit het in die vroeë Christentydperk uit Indië na Persië gekom.
Moderne skaak het geleidelik uit die spel ontwikkel.
Die aanvanklike opstelling in sjatrandja was wesentlik dieselfde as in moderne skaak. Die posisie van die wit sjah (koning) aan die regter of linkerkant was egter nie vas nie. Dit kon soos in moderne skaak in die e-gelid wees, of in die d-gelid. In albei gevalle sou die swart sjah egter in dieselfde gelid wees. Die spel is met die volgende stukke gespeel:
Stukke word in diagramme en notasie aangedui met die ekwivalente moderne simbole. In moderne beskrywings van shatrandj word die name koning, toring, ruiter en pion algemeen vir die sjah, rukh, faras, en baidaq gebruik.
Die sjah, ruhk en faras skuif soos die koning, toring en ruiter in moderne skaak. Die Baidaq skuif ook soos die pion maar sonder die vergunning om tuydens die eerste skuif 2 blokkies te mag skuif. Die fers is 'n baie swakker stuk as die dame in moderne skaak en die ontwikkeling van die fer tot die dame was 'n belangrike stap tot die vorming van moderne skaak. Ook die pīl is swakker stuk as die loper in moderne skaak aangesien dit net na 4 ander blokkies kon skuif. Dit kon egter, anders as 'n loper, oor ander stukke spring.
Shatrandj verskil ook op ander manier van moderne skaak: Rokade is eers baie later uitgevind en pat het gelei tot 'n oorwinning deur die speler wat die ander in pat geplaas het. 'n Speler kon ook wen deur al die teenstander se stukke buiten die koning te buit (baring the king), behalwe as die teenstander die eerste speler se laaste stuk op sy volgende skuif sou kon buit wat in meeste dele van die Moslemwêreld tot 'n gelykopuitslag gelei het maar in Medina steeds as 'n oorwinning beskou is.[3] Aangesien die pion nooit twee blokkies kon skuif nie was en passant nie ter sprake in sjatrand nie.
{{cite book}}
: Eksterne skakel in |publisher=
(hulp); Gaan datum na in: |date=
(hulp) Nota: Vine-Artakhsir is 'n verwysing na die spel wat as Nard belend gestaan het, 'n voorganger van triktak (Engels: Backgammon).