Sjeik Abubakr Ahmad | |
Tweede Kanselier van die Markaz
| |
Voorafgegaan deur | E.K Aboobacker Musliyar |
---|---|
Sekretaris-generaal van die All India Sunni Jamiyyathul Ulama
| |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 22 Maart 1939 Kanthapuram, Kozhikode-distrik, Kerala, Indië |
Eggenoot/-note | Zainab |
Kind(ers) | Abdul Hakeem Azhari, Maymoona, Hafsa, Sakeena, Rayhana, Najma, Firdousi |
Alma mater | Baqiyat Salihat Arabic College |
Religie | Soennitiese Islam |
Sjeik Abubakr Ahmad (Arabies: الأستاذ الشيخ ابوبكر أحمد) ook bekend as A.P Aboobacker Musliyar (Malayalam: കാന്തപുരം എ.പി. അബൂബക്കർ മുസ്ലിയാർ Kāntapuraṃ Ě.pi. Abūbakkar Musliyār) is 'n leier van Soennitiese Moslems in Indië. Sheikh Abubakr Ahmad is die sekretaris-generaal van die All India Muslim Scholars Association (All India Sunni Jamiyyathul Ulama), stigter en kanselier van die Markazu Ssaquafathi Ssunniyya wat in Karanthur, Kozhikode, Kerala geleë is. Hy is ook die hoof-beskermheer van die Sunni-jeugvereniging en die sekretaris-generaal van die Samastha Kerala Sunni Jamiyyathul Ulama.[1][2][3]
Sjeik Abubakr het Islamitiese ekstremisme veroordeel. Hy het verklaar dat militante groepe soos die Islamitiese Staat (ISIS) besig is om 'n godsdiens wat vrede en verdraagsaamheid bevorder, te belaster.
Hy het kommentaar teen geslagsgelykheid gelewer maar het later uitgeklaar dat hy die Indiese grondwet sal handhaaf.
Sjeik Abubakr Ahmad het talle boeke geskryf, daarbenewens kan hy Arabies, Engels, Oerdoe, Tamil en Malayalam praat.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)