Sjepseskaf | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sebercheres, Shepseskaf | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskaf se cartouche by die Abydos-koningslys. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 4de Dinastie | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | 6 tot 8 jaar,[1] vanaf omstreeks 2510 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Menkaoere | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Oeserkaf (waarskynlik) of Djedefptah | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vader | Menkaoere (?) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Monumente | Mastaba van Faraoen Voltooiing van die Piramide van Menkaoere | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskaf in Egiptiese hiërogliewe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Sjepseskaf (ook Sebercheres of Shepseskaf) was ’n Egiptiese farao van die 4de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy het tussen ses en agt jaar lank regeer, vanaf omstreeks 2510 v.C. Die enigste bedrywighede wat vir seker aan hom toegeskryf kan word, is die voltooiing van die kompleks by die Piramide van Menkaoere en die bou van sy eie mastaba by Suid-Saqqara, die Mastabet el-Fara'oen ("steenbank van die farao").[2]
Sjepseskaf se familie is onseker. Die Egiptoloog George Andrew Reisner meen hy was Menkaoere se seun na aanleiding van ’n verordening waarvolgens hy Menkaoere se dodetempel voltooi het. Dit kan egter nie as bewys dien nie, want die verordening maak geen melding van die verwantskap tussen die twee farao's nie. Verder het die voltooiing van die krafkelder van ’n afgestorwe koning deur sy opvolger nie daarop gedui dat hulle pa en seun is nie.[3]
Die ma, vroue en kinders van Sjepseskaf is onbekend. As Menkaoere wel sy pa was, kon sy ma enigeen van sy twee vroue gewees het: Chamerernebty II of Rechetre. Dis moontlik dat Chentkaoes I sy vrou was, maar dis glad nie seker nie. Koningin Bunefer is voorgestel as ’n moontlikie vrou na aanleiding van haar titel as priesteres van Sjepseskhaf, maar sy kon ook sy dogter gewees het. Ook Chamaat, die vrou van ’n edelman met die naam Ptahsjepses, kon sy of Oeserkaf se dogter gewees het.[4]
Hy was moontlik die laaste koning van die 4de Dinastie van Egipte as hy nie opgevolg is deur ’n heerser met die naam Djedefptah nie, soos in sommige Egiptiese geskrifte en indirek in die Turynse Koningslys aangeteken is. Geen heerser met die naam Djedefptah word genoem in destydse dokumente oor byvoorbeeld koninklike monumente of private grafkelders nie.[5] Paleisamptenare wat met die oorgang van die 4de na die 5de Dinastie gedien het, lys die volgorde van die konings spesifiek as Radjedef, Chafra, Menkaoere en Sjepseskaf van die 4de Dinastie, en dan die eerste drie konings van die 5de Dinastie: Oeserkaf, Sahoere en Neferirkare.[6]
Sjepseskaf se bewind word bevestig deur die begrafnis-inskripsies deur die amptenare wat hom gedien het. Dit word meestal in Giza en Saqqara aangetref. Die feit dat baie van hierdie inskripsies net Sjepseskaf se naam noem sonder enige ander besonderhede, dui dalk op sy kort bewind. Een van die amptenare, Sechemkare, ’n seun van Chafra, was ’n priester van die koninklike dodekultusse. Sy mastaba in Giza (G8154) lys die konings waaronder hy gedien het, van Chafra deur Sjepseskaf tot by Sahoere.[7] Dié lys gee ook Oeserkaf aan as Sjepseskaf se direkte opvolger.
Sjepseskaf se grafkelder is ’n groot mastaba by Saqqara wat aanvanklik "Sjepseskaf is gereinig" genoem is en nou bekend is as die Mastaba van Faraoen. Die eerste uitgrawings by die mastaba is in 1858 deur die Franse argeoloog en Egiptoloog Auguste Mariette gedoen. Eers in 1924–1925 is deeglike uitgrawings egter deur die Switser Gustave Jéquier gedoen. Daar is eers geglo die mastaba was die grafkelder van die 5de-dinastiese koning Oenas, maar Jéquier het bewyse gevind dat dit Sjepseskaf s’n was. Hy het onder meer ’n Middelryk-stele ontdek wat aandui Sjepseskaf se dodekultus was in dié tyd steeds aktief.[8]
Deur vir homself ’n mastaba te laat bou het Sjepseskaf die 4de-dinastiese tradisie verbreek om ’n groot piramide op te rig. Van hulle, soos Snofroe, het selfs meer as een piramide laat bou. Dit is nie duidelik hoekom Sjepseskaf nie ’n piramide laat bou het nie en daar bestaan verskeie teorieë:
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link){{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link){{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)