Alledaagse byname | Spitzke | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Oorsprong | België | |||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||
Hond (Canis lupus familiaris) |
'n Skiepertjie (Nederlands: Schipperke) is 'n klein Belgiese hondjie met 'n oorsprong in die vroeë 16de eeu.
Skiepertjies is klein hondjies met 'n dubbelpels van sagte dons aan die onderkant en growwer, langer hare aan die bokant. Die ras het 'n langhaarmaan, wat met 'n punt hang teen die rug af, tot by die kruis. Hoewel hul meesal swart van kleur is, kom hul somtyds ook in ligbruin voor.
Die hondjies is bekend vir hulle stoute, nuuskierige en somtyds hardkoppige temperament. Skiepertjies is baie energiek en benodig gereëlde oefening en kan veeleisend wees vir eienaars aangesien hulle nie altyd gehoorsaam is nie. Hulle is verder bekend vir hulle wakker geblaf as hulle van indringers bewus raak en is dus goeie waghonde.[1]
Die naam skiepertjie, kom van die Nederlands ""Schipperke"" wat "klein kapteintjie" beteken. Die hondjies het hul naam gekry aangesien hulle in België en Nederland op kanaalbote gewerk het, ondermeer as waghonde en muisvangers.[2]
Die hondjie word geklassifiseer as 'n nutshond, 'n beskrywing vir nuttige honde wat vir verskillende doeleindes gebruik kan word.
Beatrix Potter se kinderverhaal The Pie and the Patty-Pan bevat verwysings na 'n Skiepertjie genaamd "Duchess".