Die skikgodinne of Moirai (Grieks: Μοῖραι) was in die Griekse mitologie die witgeklede verpersoonlikings van die noodlot. Die Griekse woord μοῖρα ("moira") beteken letterlik " ’n deel", dus ’n mens se deel van die lewe of noodlot. Hulle het die figuurlike draad van elke sterflike se lewe beheer van geboorte tot die dood (en daarna).
Volgens H.J. Rose was Nyx ("Nag") die moeder van die skikgodinne.[1]
Daar was gewoonlik drie van hulle:
Die skikgodinne sou drie nagte ná ’n kind se geboorte verskyn om die verloop van sy lewe te bepaal. Volgens die Grieke was hulle die dogters van Zeus en Themis of van oerwesens soos Nyx ("Nag"), Chaos of Ananke ("Noodsaaklikheid").
Die skikgodinne is gewoonlik uitgebeeld as koue, hardvogtige en ongevoelige ou vroue. Desondanks is hulle as gode aanbid. Bruide in Athene het dikwels haarlokke aan hulle geoffer.