'n Skild is 'n vorm van militêre beskerming.
Onder die term skild word verstaan 'n 'beskermende laag'. Dit kan 'n harde (byvoorbeeld metaal) skild wees soos die van krygers wat deel was van 'n stam, of soos die wat deur ridders gebruik is in die middeleeue, of soos die van die onlustepolisie en andere spesiale taakmagte van die polisie, soos byvoorbeeld die blitspatrollie. Daarnaas is daar die sogenaamde "vuurpylskild", wat 'n denkbeeldige gebied is waarin vyandige projektiele (meestal andere vuurpyle) uitgeskakel kan word, soos die Amerikaanse "Strategiese verdedigingsinisiatief" ("Starwars-projek").
Die wapenskild in die heraldiek was oorspronklik 'n skild wat in die verlede gebruik is as beskerming teen pyl- en spiesaanvalle. Die heraldiese skildvorms het ook 'n halfsirkelvormige insnyding aan die kant waarin 'n lans kan rus, die sogenaamde embouché.