'n Skool is 'n instelling waar onderwys verskaf word. Onderwysers gee lesse en hou toesig oor die leerproses waartydens leerlinge geskool word. Vandag vereis meeste lande dat kinders vir 'n aantal jare skool bywoon, sodat hulle hulself beter kan bekwaam. Van die kundigheid wat in skole aangeleer word sluit in lees- en skryfvaardighede, basiese wiskunde en taalvaardighede.
Verpligte onderwys in Suid-Afrika begin met laerskool en eindig met hoërskool. Na hoërskool kan leerlinge wat daarvoor kwalifiseer verder by 'n tersiêre onderwysinstelling gaan studeer.
Wikimedia Commons bevat media in verband met skool. |
Sien skool in Wiktionary, die vrye woordeboek. |