Skyfwerp, ook bekend as diskusgooi, is 'n baan- en velditem waar 'n atleet 'n swaar skyf gooi —'n diskus genoem— om 'n beter afstand as hul mededingers te bereik. Dit is 'n klassieke sportsoort, soos getoon word deur die Myronstandbeeld Discobolus gedurende die 5de eeu v.C..
Alhoewel dit nie deel is van die moderne sewekamp nie, was dit een van die items in die antieke Olimpiese Spele se sewekamp, wat terugdateer na 708 v.C.[1]. Dit is wel deel van die moderne tienkamp.
Rang | Afstand (meter) | Atleet | Nasionaliteit | Plek | Datum |
---|---|---|---|---|---|
1 | 74,35 | Mykolas Alekna | Ramona | 15 April 2024 | |
2 | 74,08 | Jürgen Schult | Neubrandenburg | 6 Junie 1986 | |
3 | 73,88 | Virgilijus Alekna | Kaunas | 8 Maart 2000 | |
4 | 73,38 | Gerd Kanter | Helsingborg | 4 September 2006 | |
5 | 71,86 | Joeri Doemtsjev | Moskou | 29 Mei 1983 | |
Daniel Ståhl | Bottnaryd | 29 Junie 2019 | |||
Kristjan Čeh | Jõhvi | 16 Junie 2023 | |||
8 | 71,84 | Piotr Malachowski | Hengelo (Overijssel) | 8 Junie 2013 | |
9 | 71,70 | Róbert Fazekas | Szombathely | 14 Julie 2002 | |
10 | 71,50 | Lars Riedel | Wiesbaden | 3 Mei 1997 |
Rang | Afstand (meter) | Atlete | Nasionaliteit | Plek | Datum |
---|---|---|---|---|---|
1 | 76,80 | Gabriele Reinsch | Neubrandenburg | 9 Julie 1988 | |
2 | 74,56 | Zdenka Silhava | Nitra | 26 Augustus 1984 | |
Ilke Wyludda | Neubrandenburg | 23 Julie 1989 | |||
4 | 74,08 | Diana Sachse-Gansky | Karl-Marx-Stadt | 20 Junie 1987 | |
5 | 73,36 | Irina Meszynski | Praag | 17 Augustus 1984 | |
6 | 73,28 | Galina Savinkova | Donetsk | 8 September 1984 | |
7 | 73,23 | Tsvetanka Khristova | Kazanlak | 19 April 1987 | |
8 | 73,10 | Gisela Beyer | Berlyn | 20 Juli 1984 | |
9 | 73,09 | Yaimé Pérez | Kuba | Ramona (Oklahoma) | 13 April 2024 |
10 | 72,92 | Martina Hellmann | Potsdam | 20 Augustus 1987 |