Slankslangkoppie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. racemosa
|
Binomiale naam | |
Spatalla racemosa (L.) Druce, (1914)
| |
Sinonieme | |
|
Die slankslangkoppie (Spatalla racemosa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Kogelberg, Groenlandberg, Babilonstoringberge, Kleinrivierberge asook by Villiersdorp voorkom.
Die struik word slegs 50 cm hoog en blom van September tot Maart. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Twee maande nadat die plant geblom het, val die ryp sade op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in 'n verskeidenheid van habitat: rotsagtige hellings en gelyk, sandsteen grond op hoogtes van 150 - 620 m.
In Engels staan die struik as die Lax-Stalked spoon bekend.