Slapeloosheid is 'n slaapversteuring waar 'n persoon nie aan die slaap kan raak of nie lank genoeg aan die slaap kan bly nie.
- Hoofklagte van moeite om slaap te inisiëer of aan die gang te hou, of swak kwaliteit slaap (m.a.w. kry nie genoeg rus nie) vir minstens een maand
- Die slaapversteuring (of geassosieerde moegheid bedags) lei tot klinies beduidende inkorting in sosiale, werks- of ander belangrike areas van funksionering
- Die slaapversteuring kom nie slegs voor wanneer ander toestande soos narkolepsie, sirkadieseritmeversteuring of 'n parasomnia teenwoordig is nie.
- Die slaapversteuring kom nie uitsluitlik voor saam met 'n ander geestesversteuring soos depressie, angs of delirium nie
- Die slaapversteuring is nie die direkte gevolg van die fisiologiese effekte van middels soos (dwelms of medisyne) of 'n algemene mediese toestand nie
- Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders. (4de uitg.) American Psychiatric Association. 1994.