Slapwolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. propinqua
|
Binomiale naam | |
Spatalla propinqua R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die slapwolbos (Spatalla propinqua) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit van die Slanghoekberge tot by die Riviersonderendberge voorkom.
Die struik word 1,0 m hoog, groei regop en blom hoofsaaklik van Junie tot Maart. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp, en die sade val grond toe waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in moerasagtige, koel suidelike hellings op hoogtes van 200 - 620 m.
In Engels staan die struik as die Lax spoon bekend.